Seldsame Superman, Batman-prenteboeke onder die hamer

Een van Jon Berk se seldsame strokiesprentboeke

Een van Jon Berk se seldsame strokiesprentboeke

ʼn Prokureur in Connecticut, VSA, gaan sy versameling strokiesprentboeke op ʼn veiling verkoop.

Jon Berk se versameling sluit seldsame eksemplare in van die 1938 Action Comics No. 1 waar Superman vir die eerste keer ʼn verskyning maak en die 1939 Detective Comics No. 27 waar Batman vir die eerste keer verskyn.

Die versameling bevat meer as 18 000 boeke en 300 stukke strokiesprentkuns en is van 11 Maart by die Metropolis-galery in New York te sien. Die aanlynveiling begin op 15 Mei by ComicConnect.com.

Die prokureur van Hartford vier volgende maand sy 67ste verjaarsdag en hy reken dit is nou tyd dat iemand anders die boeke geniet. Hy skat sy versameling is miljoene werd, maar vir hom het dit nooit oor die geld gegaan nie, eerder die soektog na ʼn seldsame boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan Fourie ·

Dis niks ek het n friend bly in Johannesburg wat no 1 superman het en ook superman no 1 wat verkeerd gedruk is dis nogal iets om na te kyk.En die ergste van die storie hy het gaan rommel weg gooi op die as hoop en n boks vol strokiesprente daar op getel met superman no 1 daar in in piuk kodissie.dis regtig iets om te aan skou en vas te hou.

Rynhardt ·

EK het n replika van action comics van 1938! Ek besit ook die eerste uitgawes van Avengers in 1963, het ook eerste uitgawes van Spiderman, eerste uitgawe van Iron Man en Fantastic four.Ek het ook die grootste versameling memorabila van Superman(Christopher Reeve) en het ook die “bubblegum”- kaarte van 1979 toe Superman the movie uitgekom het.Ek besit ook die 1980 “bubblegum”- kaarte van superman2! Almal kosbare versamelaarsitems!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.