Seldsame tweeling olifantjies opgemerk

Die tweeling by hul ma (Foto: Susanta Nanda/Twitter)

Veldwagters in Sri Lanka het ʼn tweeling olifantjies opgemerk – ʼn seldsame gebeurtenis.

Die tweeling is Woensdag in die Minneriya-park, ongeveer 200 km noordoos van Colombo. Die twee het saam aan dieselfde ma gedrink.

Natuurbewaarders vermoed die twee olifante is tussen drie en vier weke oud.

Tharaka Prasad, direkteur-generaal vir die departement van natuurbewaring, het gesê beamptes het die twee van ʼn afstand dopgehou en kan met vrymoedigheid bevestig hulle is ʼn tweeling.

Die bekende natuurbewaarder Sumith Pilapitiy het Maandag ook gesien hoe die twee aan dieselfde koei drink. Hy het ook gesê hy is redelik seker hulle is ʼn tweeling.

DNS-toetse sal op die trop se mis gedoen word om dit te bevestig. As hulle ʼn tweeling is, sal dit die eerste keer wees dat ʼn tweeling saam met hul ma in Sri Lanka opgemerk word.

Die tweeling is opgemerk naby aan die gebied waar sewe olifante in September gevrek het, vermoedelik ná plaaslike boere hulle gif ingegee het. Sowat 200 olifante word elke jaar op die eiland doodgemaak, hoofsaaklik deur boere, wanneer die olifante op hul lande kom wei.

ʼn Tweeling is vroeër vanjaar ook by die Addo-olifant- nasionale park in die Oos-Kaap opgemerk. Veelvoudige geboortes verteenwoordig ongeveer 1% van olifantgeboortes en dit is dus ʼn baie seldsame gebeurtenis. Jan Smit het in Januarie 2020 foto’s van die tweeling by die Addo-olifantpark geneem en dit op Facebook gedeel:

Apparently very rare but occasionally elephants do have twins. These were taken at Addo Elephant park in January 2020

Posted by Jan Smit on Wednesday, February 19, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Juls ·

Dis wreed om enige dier te vergiftig of te stroop maar veral olifante, hulle is ou wyses met goed ontwikkelde gevoelens, hulle treur oor hulle dooies.

Adam Adriaan ·

Die natuur bly maar pragtig. Dan wil hulle sê daar is geen God en Skepper nie!!!

LANA is ELANè ·

Ag is dit nie te mooi nie. Die Here se handewerk is altyd so asemrowend mooi vir my. Hoe vergiftig mens so statige dier gaan my verstand te bowe. Maar nou ja… Die mens ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.