Seldsame vonds: Wolhaarmammoet-tand gevind, verkoop

Die tand wat Tim Rider gevind het (Foto: Veiling op Ebay)

Kaptein Tim Rider het mossels uitgehaal toe hy skielik op iets seldsaam en waardevol afgekom het – ʼn 12 000 jaar oue wolhaarmammoet-tand.

Rider, deel van die New England Fishmongers, het in Desember mossels uitgehaal by Newburyport, Massachusetts in die VSA, toe hy die tand opgemerk het, berig NBC News.

Die tand is intussen op ʼn veiling verkoop vir $10 300 (ongeveer R155 000) en die geld sal geskenk word aan World Central Kitchen, ʼn organisasie wat kos aan Oekraïense vlugtelinge in Pole verskaf.

Volgens NBC News het Rider die vonds na die Universiteit van New Hampshire geneem waar kenners dit geïdentifiseer het as ʼn tand van ʼn wolhaarmammoet. Die wolhaarmammoet of wollerige mammoet (Mammuthus primigenius) was ’n spesie mammoete wat in die Pleistoseen-epog geleef het. Die wolhaarmammoet se naaste lewende verwant is die Asiatiese olifant.

Prof. Will Clyde van die universiteit sê dit is nogal ʼn groot artefak. Dit is sowat 27 cm lank. Alhoewel ander vissermanne ook op fossiele afkom, is dit seldsaam dat dit só goed bewaar is soos die tand wat Rider gevind het.

“Ons het op Google uitgevind wat dit is,” het Rider aan Seacoastonline gesê. “Sedertdien het ons kinders en families toegelaat om daarna te kom kyk. Almal wou weet wat ons daarmee gaan maak. In die lig van wat tans in die wêreld aan die gang is, het ons gedink die beste ding is om dit vir liefdadigheid te skenk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Interessant. Ek dink egter die fonds is nie so skaars nie. In Alaska asook Siberië is daar gereelde fondse en is daar ‘n gesonde handel in die items. Net so met mammoet ivoor.

E ·

$10 000 het ek gereken beteken ook dit is nie so raar nie, maar tog ek dink ek sou dit eerder gehou het, slekd dat mens iets op die strand optel wat so oud is, en vir nageslagte sou dit baie interessant gewees het om die item te sein en te hanteer, Ek wonder of hulle DNA sou kon/wil onttrek miskien vir navorsing doeleindes eendag. Hulle DNA mos alles deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.