Selfies glo gevaarliker as haaie

Argieffoto (Foto: wilkernet, Pixabay)

Argieffoto (Foto: wilkernet, Pixabay)

Die webwerf Mashable het amptelik aangekondig: meer mense het vanjaar weens selfies gesterf as in haai-aanvalle.

Mashable berig ʼn 66-jarige toeris van Japan is verlede week dood en sy metgesel beseer toe hy by trappe afgeval het terwyl hy ʼn selfie by die Taj Mahal wou neem.

Altesaam 12 mense is al vanjaar in selfie-verwante voorvalle dood in vergelyking met die agt persone wat in haai-aanvalle gesterf het.

Meeste persone het na hul dood geval toe hulle ʼn selfie wou neem. Die volgende hoofoorsaak van selfie-verwante sterftes is beserings wat opgedoen is toe die persoon deur ʼn bewegende voertuig getref of beseer is.

Persone neem risiko’s en fokus op hul selfone en nie hul omgewing nie.

Honderde toeriste het vroeër vandeesmaand toegesak op die plek waar seeskilpaaie in Costa Rica eiers lê. Die selfie-mal skare het egter die skilpaaie só ontwrig dat talle teruggekeer het see toe sonder om eiers te lê.

Organiseerders van die Tour de France-fietsrywedren moes in 2014 die publiek ook versoek om die fietsryers te respekteer ná ʼn paar ongelukke waar toeskouers in die straat gehardloop het om ʼn selfie te neem.

Intussen berig Al Jazeera die regering van Rusland het ʼn “veilige selfie”-veldtog van stapel gestuur.

Bron: Mashable, Al Jazeera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

So gaande oor jouself en per slot van sake wat is jy tog? Ag nouja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.