Ses baba-olifantjies uit moddergat gered

Skermgreep uit die video

Ses baba-olifantkalfies is uit ʼn yslike moddergat in Thailand gered ná hulle vasgeval het.

Wildbewaarders in die Thap Lan- nasionale park in Nakhon Ratchasima was op patrollie toe hulle Woensdagmiddag op die trop olifantjies afgekom het. “Ons vermoed hulle was minstens twee dae in die moddergat vasgekeer, want hulle bene was baie swak toe hulle uiteindelik bevry is,” het Prawatsart Chantep, hoof van die park, gesê.

Hy sê ʼn trop olifante, vermoedelik die ouers van die klomp kalfies, was in die gebied en het angstig op hulle kleintjies gewag.

“Die walle van die gat was te diep en glad en die kalfies kon nie uitklim nie. Reddingsbeamptes het vyf ure lank gespook om ʼn sloot vir hulle te grawe. Die span het Donderdagoggend met implemente opgedaag en rondom die gat begin grawe om die walle platter te maak.”

Beeldmateriaal wys hoe die wildbewaarders die baba-olifante een-vir-een na veiligheid help.

Ná hulle bevry is, skree een van die wildbewaarders, “Hardloop kinders, hardloop!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IK ·

Daar moet meer aandag gegee word (ook terplaatse) met die bou van sulke damme om hierdie risiko te verhoed.

Margaret ·

Pragtig! Dit voed my siel om so iets te sien, of lees. Dankie! ?

EP ·

Baie bly vir olifantjies. Hoop net hulle word nie gebruik as ‘n toeriste aantreklikheid as hulle volgroeid is nie. Baie olifante word mishandel sodat hulle mak genoeg is om toeriste elke liewe dag op hul rûe mee rond te loop?

JohanL ·

Welgedaan aan daardie beamptes – lekker om goeie nuus te lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.