Ses brandbestryders binne sewe maande pa

(Foto: Facebook)

Ses brandbestryders van dieselfde brandweerstasie in die Amerikaanse deelstaat Iowa het die afgelope sewe maande pa geword.

“Ons word duidelik nie genoeg uitgeroep na brande nie,” het Tom Brockett, ʼn brandbestryder wat pas pa van die sesde baba by die Mediapolis-brandweerstasie geword het, laat hoor.

Brockett vertel dat die band tussen hom en sy medebrandbestryders soos dié van broers is. “Ons is nie net almal vrywilligers by die brandweerstasie nie, maar ons is ook almal vriende.”

Dat al die babas op dieselfde tyd gekom het, was egter nie beplan nie. “Dit was elke keer ʼn verrassing as iemand aankondig dat hy pa gaan word.”

Toe Brockett se dogtertjie, Neva Jean, gebore is, het al die manne besluit dit is tyd vir ʼn fotosessie.

Debbie Brissey was die fotograaf en het gebieg sy het nog nooit ses babas tegelyk afgeneem nie. Dit was “georganiseerde chaos”, maar Brissey sê sy kon sien hierdie klomp manne is soos ʼn toegewyde familie.

Brockett glo die kleinspan sal vir lank vriende wees in Mediapolis, waar daar ʼn bevolking van net sowat 1 500 mense is. “Hulle sal saam grootword,” sê hy. “As dit nie by die skool is nie, sal dit by die brandweerstasie wees.”

 

Bron: CBS News 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

judith ·

LOL…. hulle almal gaan brandweer “manne of vroue” as ‘n loopbaan kies! LOL

Baie of min ·

Daar was tussen 9 & 10 maande gelede of baie brande of geen. As dit baie brande is, is dit wanneer Pappie huistoe kom deur die nag na so brand, andersom het dan het hul tyd vir hul gesin gehad en bietjie geoefen.

muis ·

Ag te oulik! Wonder hoeveel is seuns en hoeveel is meisies??

Denise ·

Gelukkig vir hulle net 1 500 mense en gelukkige vrouens die gemeente is T klein vir kattewaad wens ek kan in so n klein plekkie bly!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.