[Video] Ses foto’s van dieselfde man wyd gedeel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Sosiale eksperiment wat poog om te bewys hoe vooropgestelde idees mense se persepsies van ander kan beïnvloed, word wyd op sosiale media versprei en is reeds meer as byna 5 miljoen keer op YouTube gekyk.

In die eksperiment, wat deur Canon Australië gedoen is, word ses fotograwe gevra om dieselfde man af te neem. Elkeen word egter ʼn ander agtergrond oor die man verskaf, onder meer dat hy ʼn voormalige gevangene, ʼn miljoenêr deur eie volharding of ʼn voormalige alkoholis is. In werklikheid is die man nie een van die beskrywings wat aan die fotograwe gegee word nie.

Die fotograwe word dan gevra om ʼn foto van die man te neem wat sy karakter uitbeeld, voordat hulle saam die interessante eindresultate bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Baie insiggewend. Ek dink hierdie eksperiment werp lig op die onderworpe mentaliteit van mense vandag.
Die gedrag van hierdie sg. fotgrawe is onderliggend van die hoofstroom media vandag – “subordinate and stoogelike, we tell you not what you should hear, we tell you what you want to hear and what we want for you to hear”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.