In die eksperiment, wat deur Canon Australië gedoen is, word ses fotograwe gevra om dieselfde man af te neem. Elkeen word egter ʼn ander agtergrond oor die man verskaf, onder meer dat hy ʼn voormalige gevangene, ʼn miljoenêr deur eie volharding of ʼn voormalige alkoholis is. In werklikheid is die man nie een van die beskrywings wat aan die fotograwe gegee word nie.
Die fotograwe word dan gevra om ʼn foto van die man te neem wat sy karakter uitbeeld, voordat hulle saam die interessante eindresultate bespreek.
Baie insiggewend. Ek dink hierdie eksperiment werp lig op die onderworpe mentaliteit van mense vandag.
Die gedrag van hierdie sg. fotgrawe is onderliggend van die hoofstroom media vandag – “subordinate and stoogelike, we tell you not what you should hear, we tell you what you want to hear and what we want for you to hear”