Ses vroue daag toe met dieselfde rok op

Foto: Debbie Speranza, Facebook

Ses vroue het die afgelope naweek met dieselfde rok opgedaag by hul vriendin se troue – en hulle was nie die strooimeisies nie!

Een van die gaste, Debbie Speranza, het ʼn foto op Forever New – die winkel waar die rokke gekoop is – se Facebook-blad gepubliseer om te wys dat sy en vyf ander vriende dieselfde donkerblou rok aangehad het.

Sy het geskerts en voorgestel die winkel moet dalk met ʼn tipe databasis begin waar klante kan bepaal of enigiemand anders beplan om ʼn spesifieke rok na dieselfde geleentheid te dra! “Ek dink ek verdien ʼn geskenkbewys vir al hierdie bemarking!” het sy bygevoeg.

Die winkel het nog nie op die plasing kommentaar gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Antjie-Pantjie ·

Behalwe dat dit vreeslik snaaks is…
Net n nota:
Bedoel julle regtig, 6 vroue was in dieselfde rok??
Of meen julle 6 vroue was in eenderste rokke?

juffrou ·

Dis hoe ons praat… Bedoel nie hulle was letterlik in dieselfde rok nie.

rb ·

In die ’90 het ons jaar eind funksies gehad. Menigte kere het vrouens met selfde aand rokke van Edgars Foshini Truworth of Milady’s opgedaag. As dit nog die gewilde swart nommertjie was, sou dit nie tè ooglik gewees het nie. Ongelukkig was dit rooi geel of blou wat dadelik opgemerk word. Ek het maar my stukkie lap gekoop en my eie aandrok gemaak. LOL

Christine Karastamatis ·

Ja, die een ver links en 3de van die linkerkant af.

Leatitia ·

Baie klein verskil … ek moes baie mooi kyk om te sien wat is anders.

MissDemeanor ·

Ek dink die rokke is gemaak van n elastiese materiaal. Vir diegene wat deur Moeder Natuur geseen is met meer kurwes rek dit wyer en lyk korter. Vir die gene wat geseen is met minder kurwes rek dir minder en hang dit meer laag. Pragtige rokke en pragtige vrouens

Elize C ·

Goeie idee Debbie! :-)
Sommer net terloops: Ek het ook eenkeer met dieselfde rok as ‘n ander dame opgedaag by ‘n troue. Ek het haar nie geken nie, sy was deel van die “ander” familie. Terwyl dit in elk geval ‘n uitsonderlike rok was, het ek net ‘n grap gemaak en gesê dis duidelik ons 2 het baie goeie smaak! 10 jaar gelede het my dogter gesoek na ‘n rok vir ‘n skool Valentyns-dans, en ‘n pragtige rok by ‘n ketting-winkel gesien. Sy wou dadelik dat ek die rok koop, maar ek het haar oorreed dat ons eers na ‘n paar ander winkels ook gaan. Sy het niks anders gekry waarvan sy hou nie, en ek is die volgende oggend terug na die 1ste winkel om die rok vir haar te koop. Die enigste een in haar grootte was uitverkoop tussen die vorige middag en die oggend….nodeloos om te sê was my dogter hartseer & kwaad vir my omdat ek nie dadelik die rok gekoop het die vorige dag nie. Op die ou end het sy ‘n rok van haar suster aangetrek wat ‘n paar jaar gelede net een keer gebruik was, ook vir ‘n valentyns-dans. Sy het pragtig gelyk, haar maats was gaande oor haar rok, en daar het 2 meisies by die dans opgedaag met eenderste rokke soos die een wat sy so graag oorspronklik wou hê……. TOE glimlag sy al die pad, want sy sou die 3de een met dieselfde rok gewees het!

ROK KEUSE ·

Duidelik almal dieselfde smaak -dieselfde vriendin en dieselfde rok.

Amber ·

Michelle, ek kan ook die verskil sien. 2 van die rokke het n swart streep af in die middel voor. Van die rokke het n scollop rand by die arm holtes, terwyl die ander n reguit lyn het. Ook die bandjies van die halternekke se kleur verskil. Maar dis almal pragtige rokke en ook so die vrouens.

Liselle ·

My ma se twee susters is lief daarvoor om hulle eie klere te maak. So koop my ma en een tannie vroeër die jaar n blou blom patroon lap en my tannie maak n somer rok vir my ma en vir haarself. So kom kersoggend by die see en ons gaan almal kerk toe. Toe ons instap besef ons my ma en haar suster het dieselfde rok aan kerk toe. So sit en giggel ons in die kerk oor die toeval. 5 minute later stap hulle ouer suster in met dieselfde blou blom patroon rok. Sy het ook die lap gesien en gekoop en vir haarself n somer rok gemaak. Dit was nouwel n ander snit. Maar dit was histeries snaaks!

Queen L ·

Ag toe nou Quintin, jy het seker die perfekte lyf, die dat jy so oordeel. Die vrouens lyk almal pragtig.

JB ·

Jare gelede met ons troue het ‘n gerespekteerde kleremaakster vir my aanstaande skoonma en ‘n gas op ons troue eenderse uitrustings gemaak van dieselfde materiaal wat hulle self gekoop het. Gelukkig het ons uitgevind net voor die troue en het die gas iets anders aangetrek. Die kleremaakster het geen vrae gevra nie, as dit nie vir die gas was nie sou dit ‘n groot verleentheid gewees het.

Bianca ·

Enders rokke, Ek was ‘n met gesels na ‘n troue begin van die jaar en toe ek op dag toe lyk ek soos deel van die bridal party. Ek en die hele bridal party het mint Infinity rokke gedra en elkeen sin was op hul eie manier gevou. AL wat gekry het was n Blom in my hare Dan was ek 100% dieselfde as die res. Dag wat ek nooit Sal vergeet nie

christa ·

wys net almal kan nie dieselfde klere dra nie. Almal is nie dieselfde gebou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.