Seun slaan werk los ná vermanings by skool

Joe Whale voltooi sy kunswerk. (Foto: Greg Whale)

ʼn Negejarige skoolseun wat alewig in die moeilikheid beland by sy skool se onderwysers omdat hy eerder op sy boeke krabbel as om in die klas op te let, het ʼn werk as kunstenaar losgeslaan.

Die jong Joe Whale van Engeland se ouers het in plaas van om hulle aan die vermanings van onderwysers te steur, sy talent raakgesien en besluit om die talent te ontwikkel deur Joe vir ekstra kunslesse te stuur. Na sy kunsjuffrou sy talente raakgesien het, het sy ʼn foto van sy kunswerke op Instagram gedeel.

Daar het die Number 4-restaurant, in Shrewsbury, Engeland, sy kunswerke ontdek. Dié restaurant het toe vir Joe gevra om sy mure te kom versier. Dit het Joe sowat 12 ure geneem om die muur vol te teken, berig Bored Panda.

Joe se pa, Greg Whale, het aan Bored Panda vertel dat sy seun en sy identiese tweelingbroer, Jesse, al in kleuterskool, op vierjarige ouderdom, as begaafd erken is.

“Ek sal aan ouers voorstel om hulle kinders aan te moedig om altyd hulle drome te volg en te doen waaroor hulle passievol is – soek plaaslike werkswinkels uit, of groepe in jou gemeenskap wat jou kind kan leer om hul talente te ontgin,” is Whale se raad aan ander ouers.

Joe Whale staan nou bekend as The Doodle Boy. (Foto: Greg Whale)

Joe staan nou bekend as The Doodle Boy en het alreeds sy eie webwerf en sosialemediablaaie, insluitend Instagram. Hier het Joe ʼn plasing gedeel dat hy nog kunswerke verkoop het, waarvan een na Hertfordshire, Engeland, onderweg was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Liefie

Ek stem. Hou op kinders almal in dieselfde blik te druk. Ek het twee sulke seuns. Uniek op hulle eie.

Realis

Doen waarvan jy hou en jy werk nie ‘n dag in jou lewe nie.

Maria

wow ! Ek dink n wonderlik idee en plan vir besonders vir kuns kinders. Ek dink weer aan die Geeslik boek skrywer Francine Rivers “MEESTERSTUK” kuns vreeslik mooi.

Sê net

Ek bedoel dit regtig nie lelik nie, maar dit moet regtig besig wees binne in die kind se kop. Dis soos om permanent op inspirasie trip te wees. Die gedagtes borrel uit en hy verewig dit dadelik met sy pen. Tot ‘n mate beny ek hom. Tussen al die gekrabbel is daar briljante insigte en verbintenisse wat ons nie kan herken nie. Hy moet dalk met iemand wat weet watter vrae om te vra, gaan sit en gesels. Ek sien ‘n Einstein of Tesla as iemand hom dalk kan help om sy gedagtes te kan orden. Baie van die briljante… Lees meer »

LB

Kreatiewe mense se breine is wel heeltyd besig, dit is wat hulle so uitsondelik en begaafd maak omdat gedagtes en idees konstant ontstaan. Dit is beslis nie iets wat vasgepen of georden kan word nie, daardie brein het juis vryheid nodig om te kan ontwikkel in wat dit veronderstel is om te wees. Daar is so baie reëls en regulasies wat wel nodig is, maar in die geval is die ouers wonderlik om hom te laat wees wie hy geskape is om te wees. ‘n
Tesla is mos ‘n voertuig, of nie?