Seun spring op enjinkap om tandarts te vermy

Argieffoto (Foto: ulleo/Pixabay)

ʼn Vrou word strafregtelik vervolg ná sy glo na ʼn plaaslike polisiestasie toe gery het met haar seun op die enjinkap van haar motor.

Shaurice Jones (36), van Northampton County in Pennsilvanië in die VSA, het verlede Woensdag haar 12-jarige seun na die tandarts geneem. Hy het egter geweier om die tandarts te besoek en het op die enjinkap van sy ma se motor geklim.

Die Bethlehem-polisie het gesê Jones het in haar motor geklim en ongeveer 3 km ver na die polisiestasie toe gery – met haar seun steeds op die enjinkap. Die spoedbeperking in die omgewing is 60 km/h.

Jones is Maandag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag dat sy haar seun se lewe in gevaar gestel het en op aanklag van roekelose bestuur. Sy is vrygelaat op borgtog van $1 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SoosDitIs ·

Klink vir my meer of die laaitie n taai klap kort. Ek weet waar gaan sy heel eerste salaris heen moet gaan…. Hopelik was hy teen daai tyd darem al by die tandarts ook gewees!

Andrea ·

Weet jy watter vrees, eintlik n fobie, party mense vir n tandarts of dokter het?
Bly jys nie my ma of pa nie.

wolla ·

Daai vrees is nie altyd ongegrond nie. Party van hierdie perdedokters kan jou regtig seermaak.

bgj van der westhuizen ·

net daar n goeie pak gegee het en dan in geneem het tandarts toe

SoosDitIs ·

@Andrea, ja ek weet. Maar wat ek nie kan verstaan nie is hoe die ma die kind kan toelaat om op haar kar se enjinkap te sit? Kan verstaan as hy aan die tyre vasgebyt het! Weereens, taai klap sal help vir daai probleem.

Ps my kind word groot gemaak vir die land waarin ons lewe, kan jy dieselfde se?

Ron ·

Vaderland waar gaan die mensdom heen . . . vrees vir n Tandarts verstaan ek MAAR . . .
lyk my die Ma se vrees vir haar kind is GROTER!!!
BELAGLIK

ChrisE ·

Ek weet presies hoe daardie kind voel. Ek het ook as jong kind 11 jarige ‘n vrees vir ‘n tandarts gehad. Die tandards wou net tande trek ongeag dit nodig was of nie. Hy klap my toe een dag en dit het toe die vrees vererger. Tot my nadeel het ek alle tandondersoeke soos pes vermy. Ongelukkig het ek te laat my vrees onderdruk en gegaan.

Diefie ·

Die ou met wie ek getroud is, het net so ‘n groot vrees vir ‘n tandarts. Hy het erge infeksie gehad tot in sy sinusholte en mos vir ‘n noodoperasie gegaan het.

Stef ·

Soos ons in die bedryf se:” gehoorsame ouers”. Julle sal skrik as julle sien hoe die arme bloeitjies die ouers beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.