ʼn Klein seuntjie van Mizoram in Indië word as ʼn held bestempel op sosialemediaplatforms ná hy per ongeluk die bure se hoender met sy fiets getref en daarna met die beseerde hoender na ‘n hospitaal gejaag het.
Die sesjarige Derek C Lalchhanhima het by die hospitaal aangekom en hulle om hulp gesmeek. Hy het tien roepees (ongeveer R2), al die geld wat hy gehad het, vir die personeel aangebied om die hoender te behandel.
ʼn Foto van die seuntjie is op Facebook gedeel deur die gebruiker genaamd “Sanga Says” en dit het vinnig opslae gemaak.
Meeste persone het hom in die kommentaar geloof en gesê “die mensdom is veilig in hande soos jong kinders soos hy”.
Derek se skool het hom Donderdag vereer met ʼn sertifikaat tydens ʼn tradisionele seremonie vir uitnemende dapperheid.
Dis nie duidelik of die hoender die voorval oorleef het nie.
Met sulke kinders kan die aarde gered word. Knap gedaan.
Maak my sommer die hoenders in dat daar nie gesê word wat met die honder gebeur het nie…
Verslaggewers deesdae voel maar vere vir hul werk.
Lekker lag ek nou – LOL!!!!!!!!!!!!
Ek vermoed die verslaggewer het uit gechicken maar fowl play kan ook nie uitgesluit word nie.
Die kuiken/hoendertjie lyk maar bietjie stil/styf op die foto vir ‘n lewendige chickie …
This little guy has all the chicks swooning…
DÍS nou kosbaar!
Dis nou rerig oulik?
Dierbaar!!!
Hoop hy word eendag ‘n dokter – want hy het deernis.
Laat weet asb waar ‘n mens nog ‘n dokter kry met deernis, dis baie skaars : )
Bit is ‘n baie oulike storie Maroela,
En kyk hoe sukkel ons:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/veiligheid-op-n-ongelukstoneel-n-paramedikus-se-storie/
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/raad-hoe-gemaak-by-n-motorongelukstoneel/
Ag maar hy is oulik. Wens hy was by my dat ek hom ‘n drukkie kon gee.
In ‘n wêreld waarin niemand omgee nie, is hy nogal ‘n groot ligtoring van HOOP!
DOEN SO VOORT DEREK!
Hoe wonderlik en rein is die klein seuntjie se hartjie nie net nie! Ek dank ook sy ouers, want dis hoe goed hy opgevoed is. Grootmense kan van so n kind iets leer.??
Rein…dis nou ‘n mooi woord…dankie Foxi. Besef nou toe ek die woord hoor dat reinheid by die agterdeur uit is die dag toe die wereld ons tempels…lees harte….begin binnedring en onteer het en ons daai posisie prysgegee het….
Ag siestog mamma. Te oulik
Ons kan die wereld n beter plek maak met kinders soos hy!! En ek wat self n diereliefhebber is glo die kind gaan n baie goeie volwassene wees. Bid vir jou n mooi toekoms.
my dag is gemaak deur die klein heldjie
Oulike storie jitte ma!
sulke liefdevolle kind …die werld kort meer sulke mense
As ek die foto so kyk lyk daai hoender mar stokstyf
By ons is dit haat teenoor mekaar ipv omgee.
as dit die hoender is wat hy vashou het die hoender dit NIE GEMAAK NIE< maar dit is fantasties dat hierdie kind 'n groter sin vir WAARDES en LEWE het as meeste grootmense . ook 'empatie en simpatie met DIERE wat 80% grootmense ook nie het nie . EK SALUEER JOU!!
Ag dit moooooooooooi en dierbaaaaar.
Ag dis dierbaar, Toekomstige veearts as ek dit so kyk.
Dit sal interessant wees as die klein seuntjie geborg kan word om SA toe te vlieg en sy storie in die parlement en by skole kom vertel.
Dan kyk ons wie is bereid om die seuntjie se gesindheid in hulle eie manifes te sit en sulke vredeliewendheid en liefde te verkondig, ipv al die haat en vergelding en moordpraatjies wat uit party se monde kwyl nie.
Hierdie kind wys ons hoe die Goed die Kwaad kan oorwin.
As ek so kyk na die foto lyk dit vir my of daai ou hoendertjie klaar gepik het.
Dis te oulik, maar ek kan jou se daai hoender lyk sommer klaar met die lewe.
Aangrypende konsep.
Aan wie die Koningkryk van God behoort. ….ai.
Ag jitte tog. Te dierbaar… Daardie gesiggie met die (lyk na dooie) hoendertjie in die een hand en geldjie in die ander is so opreg…. Why did the chicken ? cross the road? ?
Toekomstige paramedici…trots op jou seun.
Kan my net indink hoe sy hartjie moes geklop het oppad hospitaal toe!
Waarmee sou hy hospitaal toe gejaag het? Sy tricycle?
Tong in kies bedoel!
Staatshoofde kan leer by die oulike Seuntjie ????
Oh my hoender… siestog te oulik, sy mamma en pappa kan baie trots wees op hom, hy het verantwoordlikheid gevat en geweet hy het iets verkeerd gedoen”’ ons land het meer kinders soos jy nodig…. jammer vir die ou kuikentjie… lyk nie of hy dit sou oorleef… maar teminste het jy probeer seun… Well Done”’
Baie pragtig. Soos ek my kinderjare onthou sou ek seker ook so iets gedoen het veral as dit die bure se kuiken was. Die moontlikheid van n skrobering of self n paar rapse was nie uitgesluit nie.
Ek het nou lanklaas ‘n storietjie só geniet!! Baie dierbaar!