Japan het al met talle vreemde uitvindsels vorendag gekom, maar partykeer is dié vreemde voorwerpe tog handig. Die artikel is oorspronklik op mashable.com publiseer.
1. Piesanghouer:
Hierdie handige houertjie kom goed te pas om seker te maak dat jy nie ‘n papgedrukte piesang onder in jou handsak aantref nie.
2. Gedempte mikrofoon:
Hierdie katoeter gebruik jy wanneer jy self uit volle bors wil sing, maar nie die bure wil pla nie.

3. Woordeboek-kussing:
Om ‘n vinnige uiltjie te knip tydens jou etensuur.

4. Kamera-arm:
Wanneer jy ‘n foto van jouself wil hê, maar niemand daar is om jou af te neem nie.

5. Botter-rasper:
Wanneer jou botter te hard is om bo-op jou broodjie te smeer.

6. Klank-kussing:
Nou kan jy lê en televisie kyk sonder om enige klanke of geluide van jou gunsteling program te mis.

7. Toiletpapier-masjien:
Van versnipperde kantoorpapier tot toiletpapier – voeg net ‘n bietjie water by!
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
hiehiehie dis cute
Ek laaik die kamera-arm: na omtrent 6 probeerslae kry ek darem my en my ou man so half en half iewers op die selfoonskermpie ….
Hou van die botterrasper Botter is altyd so hard.