Sien jy die bokkie?

Foto: David Hill

David Hill (59) het die oomblik verfilm toe ʼn Australiese voëltjie met ʼn klein bokkie verwar kon word.

Hill, ʼn voormalige musiekonderwyser, het die foto van ʼn kookaburra in ʼn boom in Gosford, New South Wales, geneem, berig Daily Mail. Dit was ʼn mooi foto, maar toe laat weet ʼn vriend hy moet mooi kyk, daar is iets vreemd aan die gang. As mens lank genoeg na die foto kyk, kan mens die gesig van ʼn bokkie sien wat in die teenoorgestelde rigting loer.

David sê hy neem graag foto’s van diere met karakter in hul gesigsuitdrukkings, maar hierdie keer was dit twee diere vir die prys van een.

David skerts en sê hy sal van nou af na die voëltjie verwys as die “goatburra”.

Sien jy die bokkie? Die snawel van die kookaburra is die regteroor van die bokkie. Die bokkie het ʼn swart vlek op sy wang. Ons het die bokkie se kop in rooi omkring op hierdie foto:

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.