Sinatra se goue ‘troon’ op veiling verkoop

Frank Sinatra (Maart 1960) (Foto: Onbekend/Nasionale Argiewe via Wikimedia Commons)

Drie toilette uit die Amerikaanse sanger en akteur Frank Sinatra se huis is Sondag vir duisende op ʼn veiling verkoop.

Drie goue toilette uit Sinatra se “Chairman’s Suite” by die Golden Nugget-hotel in Atlantic City het onder die hamer gekom.

Die Italiaanse marmer-en-goue toilette is oorspronklik vervaardig deur Sherle Wagner International, ʼn vervaardiger van luukse badkamerbehore, gebaseer in New York.

ʼn Paar van ‘Ol’ Blue Eyes’ se meubels, kunswerke, lampe en antieke horlosies was ook deel van die veiling.

Een van die toilette is vir $4 250 (byna R62 000) verkoop. Na raming sal ʼn nuwe, soortgelyke, toilet jou $30 000 (meer as R436 000) uit die sak jaag.

Die twee ander toilette is vir onderskeidelik $3 500 (sowat R50 900) en $4 000 (meer as R58 000) verkoop. ʼn Vierde toilet uit Sinatra se huis, sonder die goue deksel, het $1 800 (sowat R26 000) gehaal.

Die afslaers het voornemende kopers gewaarsku dat, alhoewel die marmer nog in ʼn goeie toestand is, die goue sitplekke hul glans effe verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martin ·

Maar ek glo die doel waavoor hulle oorspronklik gebou is, was die normale. Dit was sekerlik nie van goud nie????

Joubert ·

Sy toiletsitplek was nou wel van goud gewees, maar ek vermoed dit wat hy daarin gedeponeer het was maar redelik op standaard met al die ander gewone toilette in die wêreld gewees. Geld bring jou ook net sover.

Nommer een of nommer twee ·

Soos die jare aangestap het en die swaartekrag van die ouderdom sy tol begin eis het soos dit maar is, het sy kroonjuwele seker ook maar in die water begin gehang.

Jaloers bokke ·

Julle kon ook so een gehad het, maar julle kan nie sing nie so gaan aan met julle werk.

JohanR ·

Seker beter as ‘n sink dak in die bos met ‘ slang wat jou hier van onder kan pik…..

Penellope Jones ·

Nie eens gratis, op die trappie by my voordeur afgelewer nie, nee dankie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.