Sinterklase alte vrolik op die skihange

Skiërs en sneeuplankryers tydens die jaarlikse Santa Ski Run in Newry, Maine (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

Meer as 230 Kersvaders het Sondag in hul rooi pakke die skihange aangedurf ter wille van liefdadigheid.

Die groep skiërs en sneeuplankryers kon verlede jaar weens die Covid-19-pandemie nie aan dié jaarlikse Santa Ski Run-geleentheid deelneem nie. Hulle het hierdie jaar egter die skiseisoen op ‘n hoë noot afgeskop in hul kenmerkende rooi pakke, wit baarde en rooi hoede.

Die geleentheid het by die Sunday River-ski-oord in Newry, Maine in die VSA plaasgevind. Die Sinterklase moet elkeen $20 (sowat R320) opdok vir ʼn liefdadigheidsorganisasie wat plaaslike opleiding- en ontspanningsprogramme ondersteun. Altesaam $4 640 (byna R74 000) is tydens die geleentheid ingesamel vir die Sunday River-gemeenskapsfonds.

Die Travel Channel het ook al vorige jare oor dié prettige geleentheid berig.

Skiërs en sneeuplankryers tydens die jaarlikse Santa Ski Run in Newry, Maine (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.