Sjoko-soesji vir jou?

Foto: CNN

Foto: CNN

Wat oorspronklik as ʼn Aprilgekkedag-grap begin het, het nou ʼn werklikheid geword.

Dit het alles begin op 1 April 2016 toe Nestlé op Facebook gesê het hy gaan KitKat-“soesji” verkoop. Die reaksie op sosiale media was só oorweldigend dat KitKat besluit het om voort te gaan met dié idee.

KitKat het Donderdag die nuwe peuselhappies in Japan bekendgestel. Dit is darem nie regtig soesji nie, maar lyk soos die ware Jakob.

Daar is drie soorte KitKat wat die boonste gedeelte van die soesji uitmaak: framboossmaak, pampoenpoeding en waatlemoen met Italiaanse roomkaas. Al drie het ʼn basis van gepofte rys, wit sjokolade, seewier en ʼn klein bietjie wasabi.

Die KitKat-soesji is spesiaal vir besoekers wat minstens 3 000 yen (sowat R350) by KitKat se nuwe winkel in Ginza in Japan bestee.

Lees meer hier: CNN 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.