‘Sjokolade-oudit’ los wrang smaak in die mond

‘n Blik Quality Street-sjokolades. (Foto: Quality Street UK/Twitter)

Sosialemediagebruikers het heftig gereageer nadat een sjokolade-entoesias die aantal sjokoladevariante in ʼn blik Quality Street getel het.

Stephen Hull, hoof van die digitale departement by ITV News, het besluit om een van dié blikke te oudit en die bevindinge op Twitter gedeel.

Hy het gevind dat die blik altesaam 85 sjokolades bevat, maar slegs vier karamel- en groen driehoeksjokolades.

“Daar is net vier (4,7%) pers sjokolades, terwyl daar 11 (12,9%) oranje sjokolades is,” skryf hy.

Hull het hierdie verskynsel as nog ʼn slag vir 2020 beskryf.

“By wie kla ek? #inequalitystreet.”

Sy twiet is reeds meer as 11 000 keer gedeel en 60 000 keer gelike.

Chris Tate-Davies, voorsitter van die Hook Norton-voetbalklub, het Hull se bevindinge geverifieer met sy eie blik Quality Street.

Hy het gevind dat die pers sjokolades en groen driehoeksjokolades weereens die minste in die blik was, en dat die aarbeisjokolade die meeste was.

Intussen het tientalle mense op Twitter hul eie “sjokolade-oudits” gedeel.

Die konsensus was algehele verontwaardiging onder sosialemediagebruikers.

“Dít is verkeerd. Die oranje sjokolade moet nie eens in die blik wees nie,” skryf een gebruiker.

ʼn Ander een het opgemerk dat Hull én Davies min groen driehoeksjokolades het. “Sover ek weet, is hulle al 60 jaar of langer onderverteenwoordig. Jy moet vinnig spring as hulle jou gunsteling is.”

Quality Street het glo die sjokolade-entoesiaste geantwoord met ʼn vredesaanbod, berig die Mirror.

“Jy kan nou blikke koop met sjokolades van jou keuse. Jy kan selfs ʼn hele blik met net een samestelling van sjokolade kies.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rentia ·

Wow… ek is oortuig daarvan daar is baie goed wat meer belangrik in SA is, as om te kla oor die hoeveelheid sjokolade in die boks.

Debbie ·

Maar as dit kom by sulke duur chocs verwag jy dat jy sal kry waarvoor jy betaal het

katerinadiekat ·

As jy sulke duur chocolates kan bekostig moet jy, in my opinie, so geseend voel dat jy regtig nie kla nie.

LANA is ELANè ·

Ek dink die artikel is meer vir die snaaksigheid geplaas. Ons lees elke dag net doom and gloom en dan glip so artikel tussen die hordes in net vir pret. Of soos in engels, “JUST FOR FUN”

modiglianigirl ·

Om die stelling te maak dat daar méér belangrike sake in Suid-Afrika is om ons oor te kwel as die ratios van verteenwoordiging van sjokolade variëteite in ‘n pak Quality Street Sjokolade is eng, onnodig en ongevraagd voorskrywend aan breër denkers.

Niemand het die belang van ander sake weg geneem om die ratio van sjokolade pak verdeling uit te wys nie.

Waarvoor jóú beperkte denk patroon wel ruimte skep is dat oënskynlik onbenullige sake (die laas geborene) nie ons tyd aandag (óf liefde) verdien nie en daarom kan Quality Street ons van ons gunsteling (en duurder) sjokolade variëteite ontneem terwyl ons steeds daarvoor betaal.

Dus word die klein onkruid plantjies in die blom bedding gelaat. Slegs die groot bossies word ontwortel voor die tuinier se spierkrag onklaar raak.
Absurd – beslis. Nét soos beperkende denke.

modiglianigirl ·

Om die stelling te maak dat daar méér belangrike sake in Suid-Afrika is om ons oor te kwel as die ratios van verteenwoordiging van sjokolade variëteite in ‘n pak Quality Street Sjokolade is eng, onnodig en ongevraagd voorskrywend aan breër denkers.

Niemand het die belang van ander sake weg geneem om die ratio van sjokolade pak verdeling uit te wys nie.

Waarvoor jóú beperkte denk patroon wel ruimte skep is dat oënskynlik onbenullige sake (die laas geborene) nie ons tyd aandag (óf liefde) verdien nie en daarom kan Quality Street ons van ons gunsteling (en duurder) sjokolade variëteite ontneem terwyl ons steeds daarvoor betaal.

Dus word die klein onkruid plantjies in die blom bedding gelaat. Slegs die groot bossies word ontwortel voor die tuinier se spierkrag onklaar raak.

LANA is ELANè ·

Just for fun, is somtyds ook nodig. Baie beter as om jou te kort aan rande in die bank te tel. As kind het ek die smarties so getel.

Jojo ·

Ek hou ook nie van die oranjes nie regal pakke het ook te veel daarvan in na my sin. Eish ek kon ook maar geoudit het in die tyd…. Snaaks dat net party mense daaraan dink

Eend Bessinger ·

As ek net een soort lekker of sjokolade wil hê dan koop ek dit eerder los. Die blikkie se prys is in elk geval heeltemal te hoog vir my.

Rose ·

Alles in die lewe is so, goeie goed is skaars, en n oorvloed van slegte goed.

Pierre ·

Wat ‘n mors van tyd, die koste van die blik word bepaal op die som van die verskillende eenhede, elke tipe bevat unieke bestanddele wat die individuele koste bepaal per eenheid, dus hoe meer eenhede van die duurder tipes hoe duurder die algehele blik koste,

annie ·

Skok op skok. Miskien moet die minister van sandale-sake en Lotto 5-10 ingryp. Die oorlogskamer behoort beslis ok gereeld verslag te doen. Wat van ‘n kommissie…

Alta ·

Regtig? Ek dink daar is baie meer worries in SA as om te worry hoeveel van n soort sjokolades daar in n blik is! Maar as jy n blik kan bekostig in hierdie swaar tye dan neem ek aan jy het seker nie ander worries nie? Vat liewer jou blik se geld en gaan koop vir n arm gesin bietjie kos daarmee, hul gaan dit waardeer en dan spaar jy jouself die moeite om te sit en chocolates tel!

Racheltjie Debeer ·

AL my gunstelinge is nie meer in die pak nie, ons kry nie eers meer die blikke te koop nie.
Ek dink daar is lekkerder, goedkoper sjokolade op die mark

LANA is ELANè ·

Jy kan nou jou keuses koop, maar waar in SA? Ons gaan steeds net ‘n pr vd lekker sjokolades kry en die res is daai wat altyd agterbly in die blik omdat niemand daarvan hou nie…. So word oorskot goed die mark inforseer.

Ou bees ·

Bring die MRK in hulle sal die rassisme in n blik uitwys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.