Skaap laat spat rekord

Chris voor sy geskeer is

Chris voor hy geskeer is

ʼn Enorme skaap in Australië lyk nou splinternuut nadat 40.5 kg wol van sy lyf afgeskeer is.

Dit is die eerste keer wat dié skaap geskeer word.

Inwoners van Canberra het op die yslike ongeskeerde skaap afgekom en die Dierebeskermingsvereniging het ʼn dringende hulpkreet uitgestuur. Indien ʼn skaap nie geskeer word nie, kan noodlottige mediese komplikasies intree.

Die Daily Mail berig Ian Elkins, vier keer nasionale skaapskeerkampioen, het sy hulp aangebied.

Die eerste foto’s van die absurde skaap, wat Chris gedoop is, het Donderdagoggend aan die lig gekom en die skaap is nou byna onherkenbaar.

Die DBV het gesê hulle hoop die skaap sal binnekort ʼn nuwe huis vind indien ʼn plaaslike boer bereid is om die skaap in te neem. Dis nie duidelik hoe die skaap so ongeskeer gebly het nie. “Hy het moontlik van sy trop weggedwaal en jare lank alleen rondgedwaal,” het ʼn woordvoerder gesê.

Die vorige rekord wat deur ʼn skaap genaamd Shrek in Nieu-Seeland opgestel is, was 27 kg. Shrek het owerhede ses jaar lank ontvlug.

Lees meer: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gwen ·

Die vierde paragraaf sal beter lyk met die volgende teks: Die Daily Mail berig dat Ian aellis, viermalige nasionale skaapskeerkampioen, hulp aangebied het.

Mattewis ·

Gwen, jou kommentaar sou beter gelyk het as jy nie praat van Ian aellis nie en ek is seker dat Ian Elkins sou saamstem! Wys jou net, ons is maar almal mens!

a ·

Ek dink ou Chris is vreeslik oulik, hoop hy kry vinnig ‘n huis!

charles ·

arme skaap dat sy baas hom met daai ontsettende gewig laat rondloop het vir 5 jaar. Pure dieremishandeling in my oë, en hy was kamma weg???

RC ·

Ag siestog, nou kry hy koud, maar watter verligting ook, dra nie meer so swaar aan al die wol nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.