Skandaal by kameel-skoonheidskompetisie: 12 gediskwalifiseer

Argieffoto (Foto: taniadimas, Pixabay)

Twaalf kamele, wat deel was van 30 000 kamele wat aan ʼn skoonheidskompetisie, die King Abdulaziz-kameelfees in Saoedi-Arabië, is gediskwalifiseer vir botoksgebruik.

ʼn “Mooi kameel” word nie net beoordeel op sy hoogte, vorm en die ligging van sy hobbel nie. ʼn Vol, slap lip en groot kenmerke tel ook punte om bekendheid te verwerf in die multimiljoen-dollar bedryf.

“Hulle gebruik botoks vir die lippe, snoet en selfs die kakebeen,” het Ali Al Mazourei (31), wat gereeld die skoonheidskompetisies bywoon, verduidelik. Sy pa is een van die top- Emirati-telers. “Dit laat die kop groter lyk en die beoordelaars kyk na die groot lippe en snoet.”

Die skoonheidseisoen is in volle swang en 30 000 kamele het vir die tweede jaarlikse kameelfees bymekaargekom – die grootste kompetisie in die Persiese Golf. Dit vind plaas in Al Dhana, 120 km van Riyadh en volg in Januarie net ná Abu Dhabi se Al Dhafra-fees.

Die prysgeld beloop Dhs209.3 miljoen (ongeveer R678 miljoen), met meer as R378 miljoen net vir die skoonheidskompetisie.

Ongeveer 300 000 persone het al sedert 1 Januarie die fees besoek – ʼn derde meer as verlede jaar.

Kamele, soos die majahim-ras, verdien miljoene dollar. Mediaberigte in Saoedi-Arabië het berig ʼn veearts is op heterdaad betrap dat hy plastiese chirurgie op kamele uitvoer. By sy kliniek het die kamele nie net botoks-inspuitings gekry nie, hulle ore is ook kleiner gemaak.

ʼn Kameel kan jare lank verbied word om weer aan die kompetisie deel te neem, maar die eienaar mag ander kamele inskryf.

Talle persone versoek ʼn groter straf om knoeiery te ontmoedig. “Die mense wat net aan die kompetisie deelneem om geld te maak, bedrieg almal,” het Al Mazourei gesê. “Daar moet ʼn boete wees. In wedrenne word iemand met ongeveer Dhs50 000 (byna R162 000) beboet as hulle opkikkers gebruik. Daar is nog nie ʼn boete vir die skoonheidskompetisie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tess ·

Ek kan verstaan dat die eienaars dit doen vir soveel geld, maar regtig as ek die kameel was het ek pad gevat.

Casper Labuschagne ·

Dat 300,000 mense opdaag vir ‘n skoonheidskompetisie onder kamele, en dat daar ‘n groot bohaai is oor die gekonkel om party kamele pragtiger te laat lyk, maak vir my geen sin nie. Maar dan weer, as jou uitsig net sandduine, sandduine en nog sandduine is, en die evasgeslag net in swart gewade rondloop, boonop met ‘n sluier voor hul oë, wie weet dan word jou kameel op ‘n dag dalk nog vir jou tog te fraai?

Gunter ·

Ek wens ons het hierdie tiepe probleme in ons land, in plaas van dié wat ons het.

madels ·

Kyk, nou se ek niks meer nie :-) dis eintlik sooo snaaks :-)

Luister ·

Wat nog?! Het eers gedink dit is ‘n grap.
Sowaar ‘n nuwe manier van dieremishandeling.

Ag foei ·

…die grootste vorm van dieremishandeling is n huisbrak wat tussen vier mure gekluister is tot ” vermaak” van sy baas, waarvan sommige getrim en gepimp word, net vir afshow…totaal teen die arme dier se natuur….meeste hiervan sien die natuur ook net waneer vasgevang is aan n halsband ..onder leiding van sy baas.
Daai kamele is ten minste nog blootgestel aan hulle natuurlike habitat …

Henk ·

Ongelooflik ?! Wie gee nou om watter een van een vansekerlik die lelikste diere in die diereryk, is die mooiste. Soveel miljoene rande vir dit ?
Ek gaan NOU ‘n lelike kameel vir goedkoop soek, en hom “oppimp”, klink my daar is geld te maak……… (sal nie dier mishandel nie, miskien net bietjie lipstick en eye shadow ?)

rollie ·

Mens moet in gedagte hou kamele is vir die mense soos honde vir ons is. Dis hul beste vriend en hoekom sou jy nie met jou beste vriend wil spog nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.