Skape speel te oulik op die rondomtalie

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn trop spelerige skape op ʼn rondomtalie in ʼn parkie bekoor sosialemediagebruikers.

Debbie Ellis (52), ʼn haarkapper in Engeland, het die video geneem toe die skape onlangs op die rondomtalie in ʼn verlate parkie gespring het. Die video kom te midde van ʼn tydperk van algehele afsondering in die Verenigde Koninkryk om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te beperk en strate en parke is verlate.

Debbie het aan die Daily Mail gesê die video is op 2 April in ʼn parkie naby haar huis in Preston geneem. Die skape het op die rondomtalie gespring en al in die rondte gedraai.

“Ons het ʼn stuk veld naby ons huis waar ʼn man ʼn trop skape as ʼn stokperdjie aanhou,” het Debbie verduidelik. “Daar is ʼn rondomtalie wat ons gebruik het toe my kinders nog klein was (haar jongste is nou 15 jaar oud).

“Ek is nie seker hoe hulle ontdek het hoe dit werk nie, maar dit lyk of hulle hulself geniet! Hulle kry nou sommer hul daaglikse oefening in!” het sy geskerts.

“Dierbaar!” skryf een persoon in die kommentaar onderaan die video, wat reeds meer as 470 000 keer gekyk is. “Te oulik!” skryf ‘n ander.

On a lighter note the lambs are getting there once a day exercise in ???????? Please share

Posted by Debbie Ellis on Thursday, April 2, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Patch ·

Gelukkige skape! Hulle kan hul daaglikse oefening op ‘n buite treadmill doen.

Anton ·

Gee sommer nuwe betekenis aan die woorde: Mêrrie go around

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.