Skaterlag toe geliefde plant eintlik ongewens is

Wilgeroos (“fireweed”) (Foto: kallerna, eie werk via Wikimedia Commons)

Tuinmaak word ʼn saak van liefde hoe meer mens leer oor wat presies jou plante nodig het om te floreer. Diegene met groeihande kan ure lank die blare en grond bestudeer om seker te maak hul plante is gesond en gelukkig.

ʼn Vrou, wat al maande lank ʼn plant in haar tuin natgelei en versorg het, het die vrug van haar harde werk gesien soos wat die plant floreer het, berig die Britse Daily Star.

Sy het besluit om meer oor die plant uit te vind en die spesie te identifiseer sodat sy nog beter daarvoor kon sorg. Haar navraag het egter vinnig tot ʼn gelag gelei met ʼn onverwagse uitslag: sy versorg toe al die tyd ʼn onkruid!

“Ek kan nou maar net so wel hierdie deel … sodat julle almal lekker kan lag,” het sy op die Facebook-groep Gardening On A Budget Official gesê. “Ek gee al maande lank, wel, sedert verlede jaar, vir hierdie pot water en voeding, en ek het sopas uitgevind … dit is ʼn ONKRUID. Maar ek het bietjie navorsing gedoen en hy dra mooi pers blomme, so ek gaan hom hou.”

Die wilgeroos (“fireweed”) dra helderkleurige blomme en dit is dus maklik om dit met ʼn plant te misgis – en talle ander lede op die groep het bely hulle het al dieselfde oorgekom. “Ek het dieselfde gedoen! Ek was so trots hoe hy floreer het,” het een persoon geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marcia ·

mooi is mooi en lyk of daar meer breins in die plant is as wat sekere mense het

Rose ·

Beauty is in the eye of the beholder, die Here het alles mooi en intelligent geskep, self die eenvoudigste blom en insek is ingewikkeld en het sy plek en doel op aarde.

Racheltjie Debeer ·

Ek sou ook nie die verskil geweet het nie, en buitendien, dit dra sulke mooi blommetjies, wie het besluit dit is onkruid? Hoe besluit slim mense watter plante is “plante” en watter is onkruid?

J ·

… ha … ha….

‘n Vrou het ‘n pragtige vetplant gekoop en vir ‘n jaar lank water en kunsmis gegee … en na ‘n jaar toe sy … baie trots op haar plant … dit wil oorplant in ‘n groter pot, sien sy dis van plastiek!

Ansie ·

As ek dit nie mis het nie, word die pragtige kosmosblomme ook geklassifiseer as onkruid. Help my asb reg as my inligting verkeerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.