Skoentjies vir dié kameelperdkalfie

Hasani (Foto: Jeremy Dwyer-Lindgren/Woodland Park Zoo)

Hasani is Swahili vir “aantreklik” en dié kameelperdkalfie doen beslis sy naam gestand. Hy het sy eerste treë in sy nuwe skoene geneem.

Hasani bly saam met sy ma, Olivia, in die Woodland Park-dieretuin in Seattle in die VSA. Hy is op 2 Mei 2019 gebore. Ná sy geboorte het die dieretuin se span ontdek hy ly aan ʼn toestand waar sy bene nie gelyk belyn is nie. Volgens beamptes is dit ʼn algemene toestand in perde en kameelperde word ook soms hierdeur geraak.

Die dieretuin het spesiale terapeutiese skoene van hout vir Hasani laat maak wat hy nou op ʼn proefbasis kan gebruik. Stutte help ook sy genesingsproses.

Dr. Tim Storms, ʼn veearts wat in vennootskap met die dieretuin werk, en ʼn span van Kentucky, het die nuwe paar skoene vir Hasani ontwerp. Dit is soortgelyk aan dit wat hulle al vir ander kalfies ontwerp het en dieselfde toestand suksesvol behandel is.

Die nuwe paar skoene sal Hasani help om buite rond te loop en hy sal meer oefeninge kan doen – wat noodsaaklik is vir sy ontwikkeling. Dit kan egter maande duur voor Hasani gesond is en hy bly onder toesig.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Bron: Woodland Park Zoo,

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Freedom ·

Dankie vir die omgee mense. Maar dit is vreeslik hartseer om die diere so in hokke te sien. Dis net draad en staal en sement. Ek is seker hulle sal baie graag buite in die natuur wil rondhardloop. Maar nou word hulle in gevangenis gehou ter wille van die selfsugtige mensdom.

Tilla ·

Ek stem 100% saam, maar dink ook so daaraan as dit nie was vir die dieretuine nie sou daar darem baie mense gewees het wat nooit die voorreg sal hê om baie diere in lewend te sien nie. Dit sal net prentjies wees en kan nooit ooit dieselfde gevoel wees as om hulle lewend te sien.

Hani ·

Freedom….jy vat die woorde uit my mond.
Dankbaar vir die hulp….
Maar om Afrika se langnekke in hokke te sien?????

Karel Combrinck ·

‘n Perd het tog seker ‘n vulletjie of hoe en nie ‘n kalfie nie?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Karel

Dankie vir jou navraag. ‘n Mens verwys inderdaad na ‘n “kalf” of ‘n “vers” van ‘n kameelperdbul en ‘n kameelperdkoei. Dit is anders as ‘n hings en ‘n merrie wat ‘n vul kry.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.