Skool se reël maak wyd opslae

Die nota wat by die skool opgesit word (Foto: Twitter)

Die nota wat by die skool opgesit word (Foto: Twitter)

ʼn Skool in Arkansas in die VSA se reël wat ouers verbied om enigiets wat hul kinders by die huis vergeet het , skool toe te bring en kinders so probleemoplossingsvaardighede te leer, maak wyd opslae op sosiale media.

Die inskrywing op die Katolieke Hoër Seunskool van Arkansas se Facebook-blad lees: “Welkom by die Katolieke Hoër Seunskool. Hier leer ons lees, skryf, rekeningkunde en probleemoplossing.”

ʼn Nota, wat volgens die webwerf Fox6 op bykans al die deure van die skool pryk, verbied ook ouers om tot hul bloeitjies se redding te kom. “As jy hier is om jou seun se vergete middagete, boeke, huiswerk of ander toerusting af te laai, draai asseblief om en verlaat die gebou. Jou seun sal probleemoplossing in jou afwesigheid aanleer.”

Die skoolhoof, Steve Straessle, het aan Fox6 vertel die skool het besluit op dié beleid sodat kinders in ʼn vroeër stadium kan leer “hoe die regte lewe werk”.

Hoewel sommige ouers ontsteld was en veral aangevoer het kinders kan dalk honger wees, het Straessle gesê die kinders word geleer om self ʼn plan te maak en sal onder geen omstandighede honger ly nie.

Patrick Wingfield, een van die studente, het ook aan die webwerf vertel dié reël leer kinders om vir hulself te dink en nie altyd op ander staat te maak nie. “Dis bloot om te verhoed dat hulle elke keer iemand bel wanneer dinge nie is soos hulle dit wil hê nie en dit werk nie so nie.”

Bron: Fox6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

A ·

Beste reël ooit. Kinders moet leer om verantwoordelik te wees. As jy jou kos vergeet – bly honger – jy sal dan onthou!

Leana ·

Ek hou van daardie skool. Dissipline is wat die kinders nodig het.

DB Jaeger ·

Hulle “practice” seker wat hulle “preach” en deel daarmee.

Rene ·

Henk daar is n Verskil tussen kinders en onderwysers…. sê maar net

Nickey ·

Ek het bitter baie om te leer. Ek is een van die skuldige mammas. As die girls iets vergeet het, dan “deliver” die mamzilla

Poplap ·

Moet maar liewer nie sulke reels hier in SA probeer instel nie want voor jy jou oe uitvee is dit rasisties of teen hulle menseregte.

Marina ·

Poplap, vat jy nou die woorde so uit my mond maar oor die algemeen dink ek dit is regtig ‘n baie goeie idee en kinders sal nie sommer weer hulle kos by die huis vergeet nie, hule sal net eenkeer honger ly lol

Celia Coates ·

Watter mammas werk nie voltyds nie?
Watter mammas kan gou in hulle motor spring om ‘n vergete item by die skool te gaan aflaai?

Santjie stoof ·

Nou toe nou. ńStaande ovasie vir dié skool.
Dalk moet ons in ons dierbare Suid Afrika bietjie plagiaat pleeg en dit toepas….
Net jammer vir die Arme Skoolhoofde van “sekere” skole.

Esme ·

Luide applous vir die skool! Meeste van vandag se kinders het nog nooit verantwoordelikheid geleer nie omdat ouers die take doen, vinnig skool toe ry om Jannie of Sannie se rugby of hokkie klere wat hulle vergeet het skool toe te vat. Of die take wat hulle moes onthou. Kinders kan geleer word om hulle verantwoordelikhede te onthou en as jou kind op skool gestraf word of punte verloor omdat hy/sy agtelosig was, is dit deel van die leer proses….kinders word gereed gemaak om die “grootmens” wereld aan te durf en hoe kan hulle dit doen as ouers heeltyd hulle kinders in watte toevou. Ek beleef dit nog meer by enkel ouers en werkende mammas….die grootmense voel skuldig en regverdig dan sulke optredes. Ek haal my hoed af vir die skool want dit is briljant. Ek onthou hoe vreeslik swaar dit vir my was as ek tuis gekom het en gesien het een van my seuns het hulle kosblik vergeet…hoe swaar ookal ek het dit nooit gevat nie….na paar sulke voorvalle en “onthou” strukture in die huis het dit ook opgeklaar en het hulle onthou MAAR hulle het ook geweet dat mamma nie gemanipuleer gaan word want dit is al hoe hulle sal leer….en ja so het hulle geleer….en vandag is hulle volwasse mans en sien ek die resultaat van vasstaan en nie jou kind/ers se verantwoordelikhede namens hulle doen/onthou nie.

linda ·

moet asb ni hier in SA probeer ni dit sal grooot chaos veroorsaak

Eksteen ·

Sekere leerlinge by Pretoria GH speel maar dieselfde spel as ons regering, vernietig alles . Ñ mens se totale lewe moet bestaan uit dissipline anders is jy ñ NIKSWERD!!!!!.

Elmarie ·

Fantastiese reel!! Ter inligting…my dogters was in n skool met so n reeling. In SA!!!. Op laerskool moes ek gedurig goed skooltoe karwei wat hul vergeet het, maar in die hoërskool het dit net nooit gebeur nie….hulle het gou geleer.

Neels Niesing ·

‘bloeitjies’?, die skrywer bedoel seker ‘bloedjies’

sophia ·

Sommer leer reels is reels en nie toi toi vir bietjie dissipline nie. Volgende keer sal hulle onthou om niks by die huis te vergeet nie. So leer hulle verantwoordelikhede.

Letty-Ann Mõller ·

Gedeelde aanspreeklikheid is GEEN aanspreeklikheid.

Charlie ·

Stem honderd persent saam met die skool se beleid, dit is ‘n “oerwoud daar buite en hulle moet leer om hulle eie pad oop te kap!!!”

Wat-ek-lees ·

Lesufi, Leesuufii, Leeesuuufiii !!! Waar is jy ou maat ??

Rupert Ashford ·

Dit is per slot van rekening ‘n hoerskool. Welgedaan. ..

Ann ·

Ons laerskool het ook daardie beleid. Ek het een keer ñ taak ingevat (laasjaar) maar het besluit dit was sommer die laaste keer. Deesdae as my kind iets vergeet moet hy maar die gevolge dra. En dit het gewerk!! Hy is baie meer verantwoordelik!! O ja hy is nou Gr 2.

Arizona ·

En om die een of ander rede dink ek nie daai skool het probleme met kinders wat die skool plunder of af brand as hulle nie hul sin kry nie.

Raiden ·

Briljante idee, hier gaan lesufi, die rassis, eerste gebel word

Kosietjie ·

In Afrika mag daar nie reels wees nie want hier word dissepliene as sleg beskou. Geen reels. Dis waarom almal doen net wat hulle wil en hierdie die armste kontinent is.

Cecily ·

Stunning reel as n kind medikasie vergeet het om te drink dalk voor skool wat nood is ander saak maar die res maak plan bitter baie kinders gaan met geld skool toe so hul sal verseker nie honger lei nie en maaitjies sal def kos deel met mekaar as kos vergete was. Kind kan ook met mnr of juf daaroor praat as hul nie maats het wat sal deel nie.

Chantelle ·

Stem saam dat dissipline ‘n moet is in skole, maar ek praat uit ondervinding dat onderwysers boelies is. Ons was 3 kinders wat effens oorgewig was in sub B (1987) wat deur die jaar kronies moes kaal uittrek en voor die klas staan om te wys hoe walglik is vet mense. Daar is my haat vir onderwysers gebore, hulle glo hulle het die reg om mense (wit en swart) te beledig en te verneder. Tot in vandag se tye word kinders geboelie. Dissipline kan slegs geleer word deur respek, en respek kan slegs gekry word as jy ander respekteer.

tina vans ·

Chantellee? Neeeeee, ek is so jammer, waar was jou ouers, het hulle geweet van die vernederings? ag nee, dis molestasie, gaan le n klag by polisie!!! daardie onderwysers moet aan die pen ry en uitgeskop word.

Frans C ·

Dit berus op die beginsel ‘necessity is the mother of invention’. As jy regtig iets moet doen sal jy ‘n manier vind om dit te doen, kortweg ‘n Boer maak ‘n plan.

Terloops ·

Dink die sleutel hier is balans. Ons moet onthou dat kinders, inderdaad nog kind behoort te wees, hulle word nie volwasse gebore nie. Ek wonder soms watter effek het die enorme druk wat ouers op kinders plaas, om soos mini-volwassenes rond te hardloop, op hul psige. Mens moet maar mooi dink oor die sake vanuit ‘n gebalanseerde oogpunt.

cobus van niekerk ·

mens dan was ek ver voor…ons het so groot geword ma het niks agter aan gebring nie.

Elle ·

Ek gaan hierso vir die kinders opkom, selfs al het ek al gesien hoe kan hulle soms ‘n plan maak soos ‘n boer(vrou) ;-) Die rede vir vergeetagtigheid is nie onverantwoordelik nie, maar omdat hulle 110 goed moet onthou. Ons lewens is geneig om baie besig te wees – en a.g.v daarvan is baie dinge my kinders se eie verantwoordelikheid –

dinge wat my ouers nog vir my gedoen het toe ek hulle ouderdom was.

Van praatjies tot vitamins drink en eie klere regkry….. Voel soms soos ‘n “Never ending story”…

Kasie ·

My kind is ADHD en vergeet gereeld. As hy sy medisyne vergeet dan ry ek skool toe, maar as hy skoolwerk vergeet dan bly dit tuis. Hy leer tog om die gevolge te dra. Sê maar net!!! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.