
Die nota wat by die skool opgesit word (Foto: Twitter)
ʼn Skool in Arkansas in die VSA se reël wat ouers verbied om enigiets wat hul kinders by die huis vergeet het , skool toe te bring en kinders so probleemoplossingsvaardighede te leer, maak wyd opslae op sosiale media.
Die inskrywing op die Katolieke Hoër Seunskool van Arkansas se Facebook-blad lees: “Welkom by die Katolieke Hoër Seunskool. Hier leer ons lees, skryf, rekeningkunde en probleemoplossing.”
ʼn Nota, wat volgens die webwerf Fox6 op bykans al die deure van die skool pryk, verbied ook ouers om tot hul bloeitjies se redding te kom. “As jy hier is om jou seun se vergete middagete, boeke, huiswerk of ander toerusting af te laai, draai asseblief om en verlaat die gebou. Jou seun sal probleemoplossing in jou afwesigheid aanleer.”
Die skoolhoof, Steve Straessle, het aan Fox6 vertel die skool het besluit op dié beleid sodat kinders in ʼn vroeër stadium kan leer “hoe die regte lewe werk”.
Hoewel sommige ouers ontsteld was en veral aangevoer het kinders kan dalk honger wees, het Straessle gesê die kinders word geleer om self ʼn plan te maak en sal onder geen omstandighede honger ly nie.
Patrick Wingfield, een van die studente, het ook aan die webwerf vertel dié reël leer kinders om vir hulself te dink en nie altyd op ander staat te maak nie. “Dis bloot om te verhoed dat hulle elke keer iemand bel wanneer dinge nie is soos hulle dit wil hê nie en dit werk nie so nie.”
Bron: Fox6
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
37 Kommentare
Beste reël ooit. Kinders moet leer om verantwoordelik te wees. As jy jou kos vergeet – bly honger – jy sal dan onthou!
Ek hou van daardie skool. Dissipline is wat die kinders nodig het.
Wat maak die onderwysers as hulle iets vergeet?
Ek het bitter baie om te leer. Ek is een van die skuldige mammas. As die girls iets vergeet het, dan “deliver” die mamzilla
Moet maar liewer nie sulke reels hier in SA probeer instel nie want voor jy jou oe uitvee is dit rasisties of teen hulle menseregte.