Skoolseun herskep fliektoneel om aktrise na afskeid te nooi

(Foto: skermskoot uit die video.)

Die 17-jarige Jacob Staudenmaier van Phoenix in die VSA het sosiale media behoorlik aan die gons nadat hy aan ʼn blink plan gedink het om die aktrise Emma Stone te vra om hom na sy matriekafskeid te vergesel.

Stone het vanjaar ʼn Oscar gewen vir haar hoofrol in die fliek La La Land.

“Dit het begin met ʼn mal idee,” sê hy. “Maar ek het besluit as ek regtig dit gaan doen, moet ek groot gaan.”

Staudenmaier en sy vriende het een Sondagmiddag bymekaar gekom en ʼn video, soortgelyk aan La La Land se openingstoneel, in die skool se parkeergebied geskiet.

Staudenmaier het die video op 4 April op sy Twitter-rekening gedeel met die woorde: “Ek vra vir Emma Stone om saam met my matriekafskeid toe te gaan en het besluit om die openingstoneel van La La Land te herskep.”

Intussen het Staudenmaier gesê hy het nog niks van Stone gehoor nie. “Ek reken nietemin dat die boodskap êrens by haar sal uitkom.”

Die matriekafskeid is op 29 April in Phoenix.

Die video versprei intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francie ·

Mooi vir hom, hoekom nie?
Hy het deurgedruk, nieteenstaande die feit of sy gaan kom of nie, anders sou hy altyd wonder.
Daarin lê ‘n groot lewensles opgesluit.
Sing AB nie dieselfde in sy liedjie nie?
“Leef jou drome uit!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.