Slaggate is wêreldwyd ʼn groot irritasie, maar een man het letterlik sy lewe te danke aan ʼn slaggat!
ʼn 59-jarige man van Gretna, Nebraska in die VSA, is verlede Maandag met ʼn ambulans na ʼn hospitaal gehaas. Sy hart het teen 200 slae per minuut geklop en paramedici het nie gedink hy sou die 20 minuut lange reis na die hospitaal oorleef nie. En toe tref die ambulans ʼn slaggat.
Iets vreemd het gebeur: die pasiënt se hartritme het skielik na ʼn normale ritme herstel.
Die man het betyds by ongevalle opgedaag. Hy is in ʼn goeie toestand en is reeds ontslaan.
Dr. Andrew Goldsweig van Nebraska Medicine, het dit as ʼn “seldsame geval” beskryf. ʼn Elektriese skok met ʼn masjien is die klassieke manier om ʼn onreëlmatige hartklop te behandel, maar dit blyk in dié geval dat ʼn rukking van ʼn slaggat dieselfde uitslag kan hê.
Owerhede wou nie die ligging van die slaggat bekend maak nie om die pasiënt se privaatheid te beskerm.
Lees ook: NY Post, Boston25 News, 1011 Now
N hoesbui of n koue stort kan ook help
Dis goed om te weet! Hier is soveel slaggate in ons paaie, ons kan hiervan as n noodshulp gebruik maak.
HEHEHE hoe lekker lag ek nou ons in SA behoort geen hartaanvalle te kry met al die slaggate
In RSA, veral in NW, is so baie slaggate, die mense gaan vir ewig leef.
Wie weet… Dalk het meer van ons hier in die noorwes hart probleme as wat ons besef… Ons kry ons skokkie in elke oggend net om ons hart in ritme te hou
Dit beteken dat, in SA het jy ‘n beter kans om lewend by die hospital uit te kom as jy opgeneem word as gevolg van ‘n hart toestand.
In SA word jy ge-hijack met jou ambulans en jy word sommer langs die pad gelos om te sterf
Met al die slaggate in SA sal niemand ooit weer aan n hartsiekte doodgaan nie… moet tog net nie dat die regering dit hoor nie dan breek hulle die laaste lappies teerpad ook op….