Slaggate is nou ʼn ‘gholfbaan’

(Foto: @thornbury_ben/Twitter)

Net soos in Suid-Afrika, waar slaggate ʼn alledaagse verskynsel in talle provinsies is, sukkel inwoners in Brittanje ook met dieselfde probleem.

Die 18-jarige Ben Thornbury van Malmesbury in Wiltshire, Engeland, het met ʼn konsep vorendag gekom om die gemeenskap te laat glimlag terwyl hy terselfdertyd die aandag fokus op die probleem van slaggate in sy dorp. Die slaggate het al verskeie verkeersongelukke veroorsaak.

Hy was moeg vir owerhede se nalatigheid om krake en gate in die paaie te herstel en het ʼn lawwe gholfbaan opgestel met die slaggate.

Volgens The Metro was hy bietjie meer proaktief as om net na ʼn slaggat te wys en weg te stap. Twintig inwoners het Ben ondersteun om die stadsraad oor te haal tot aksie.

“Ek is baie trots daarop om te sê dit was my idee. Mense het gholf in die middel van die straat begin speel terwyl motors verbygery het,” het hy gesê.

Oor die reaksie van inwoners, sê hy: “Meer as 20 mense het opgedaag uit ʼn klein dorpie – dis baie goed. ʼn Gesin het spesiaal vir die dag dorp toe gekom. Hulle het in die middel van die straat gaan staan en saam met ons begin gholf speel. Mense het boodskappe vir my gestuur om dankie te sê dat ons dit vir die gemeenskap gedoen het.”

Raadslid Caroline Thomas het intussen laat weet die stadsraad het reeds finansiering bekom om die slaggate te herstel.

Bron: The Metro, Golf Digest

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.