Slide the City dié somer in Suid-Afrika

Foto: slidethecitysa.co.za

Foto: slidethecitysa.co.za

As die gedagte aan ʼn ellelange waterwurm en enorme swembad jou opgewonde maak, moet jy nie Slide the City misloop nie. Van volgende maand tot Februarie bied dié geleentheid jou ʼn 304 m- glybaan met drie bane wat in ʼn 26 m-lange swembad eindig. Soveel as 840 matrasse word onder die glybaan gesit om die gly so bietjie “sagter” te maak en ʼn rit duur ongeveer ʼn minuut om te voltooi.

Wat dié ervaring nog beter maak is die feit dat die organiseerders waterbewus is en seker maak dat die minimum water vermors word. Ongelukkig moet mens 1,2 m of langer wees om aan hierdie “gly” deel te neem. Verskeie geleenthede word reg oor Suid-Afrika aangebied en kaartjies is beskikbaar van R99 tot R490. Besoek die webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saartjie ·

Het ons nie nou waterbeperkings en probleme in SA nie? Hoe higienies is hierdie? Ek vra maar net…

Martin ·

Ag nee wat Saartjie, klim maar op die wa en ry saam. Daar is tog niks fout met ‘n bietjie pret nie. Hoeveel water loop in ons paaie af agv. foutiewe toerusting?

SkarrelKind ·

Saartjie, hulle gebruik die water oor en oor via ‘n pompstelsel en herwin dit aan die einde. Dit gaan terug in die waterstelsel in om weer gesuiwer te word. Dit loop nie net weg nie. En hulle monitor die toestand van die water en behandel dit deurentyd om ‘n geskikte pH te behou. Dis nie meer of minder “skoon” as ‘n openbare swembad nie. Gaan kyk op hulle webbladsy – as ek R500 gehad het sou ek heeldag gegly het, maar dis te duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.