Só koud, die termometer het gebreek!

Anastasia Gruzdeva (Foto: anastasiagav, Instagram)

ʼn Termometer in ʼn afgeleë dorpie in Siberië, het gebreek toe die temperatuur byna vorige rekords oortref het.

Die publieke toestel, wat in Oymyakon as ʼn toeristeaantreklikheid geïnstalleer is, het -62°C aangeteken voor dit gebreek het. Oymyakon staan bekend as die koudste bewoonde plek op aarde.

Die Siberian Times het intussen berig sommige plaaslike inwoners het tot -67°C aangeteken – byna die rekord -67.7°C wat in Februarie 1933 in die dorpie aangeteken is.

Dit is die laagste temperatuur wat ooit buite Antarktika aangeteken is, maar dis nog steeds warmer as die -94.7°C wat in 2013 in die ooste van Antarktika deur ʼn NASA-satelliet aangeteken is.

Altesaam 50 permanente inwoners bly in Oymyakon en die naam beteken “water wat nie vries nie”, weens ʼn nabygeleë natuurlike fontein waaruit warm water borrel. Die dorpie het oorspronklik begin as ʼn stilhouplek vir takbokherders wat hul diere na die fontein gelei het.

Die dorpie, 750 m bo seespieël, se inwoners oorleef die winters, met ʼn gemiddelde temperatuur van -50°C in Januarie en Februarie, deur hout en steenkool te brand. Die dae wissel van drie ure in die winter tot 21 uur in die somer.

Oymyakon het net een winkel en ʼn enkele skool wat slegs sluit as dit kouer is as -52°C.

Anastasia Gruzdeva (24) van die nabygeleë stad Yakutsk, het ʼn foto van haar en haar twee vriende op sosiale media gedeel toe hul wimpers in die koue gevries het. Sy verduidelik sy het twee jaar gelede ʼn soortgelyke foto op sosiale media gedeel en het nooit verwag dat dit soveel opslae sou maak nie. “Ek weet nie of inwoners nie vroeër opgemerk het dat dit gebeur nie, maar nou het byna elke inwoner in Yakutsk só foto!”

Anastasia sê sy het nie enigiets spesiaal gedoen om seker te maak haar wimpers lyk só nie, “dis maar net wat gebeur as jy tussen 15 en 20 minute buite op straat was in -47°C”!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jack Russl ·

Hierdie is cheetah koud, net ‘n geritseling in die bos

Pop ·

Nee wat nie vir n biljoen sal ek daar woon nie want ek sal dood gaan. Ek trek n trui aan as dit 22+ is. Ek kry ook nie warm as ander kla nie. Is vir my lekker hier by40

Marinda ·

Ek sê gereeld vir my man. Ons moet Bloemfontein toe trek, ek kan nie meer die hitte hier by ons aan die kus hanteer nie, maar vrek, ek wil darem nie so koud kry nie. Asemrowende fotos.

Bibberbeer ·

Jammer Marinda ek is van Bloemfontein en dis nie naastenby meer so koud soos paar jaar gelede nie!

Theresa B ·

Ha Ha – Ek is ‘n wintermens (veral na hierdie hittegolf), maar dit is bietjie erg. Weet nie of ek daarna toe sal wil gaan vir gevriesde wimpers nie. Maar dit klink heerlik met die min mense daar. Sterkte vir almal wat daar bly.

Beertjie ·

Kan ons nie die EFF en ANC soontoe stuur nie. Hulle kan dan ander temperature “demand”

tamboti ·

Ja maar nie almal sal so mooi lyk nie, veral die pikkewyn in die middel!

Pieter Olivier ·

“oorleef deur hout en steenkool te verbrand”?!!!—-Dit is seker nie al nie;— wat van al daardie stapeldrankie VODKA ?!! :-)

Pieter ·

Ek sien ook dat daar heelwat minder mans as vrouens in Rusland is. Kan net VODKA vir die koue se skuld wees; Die mans raak te waaghalsig en sterf te gou,of hulle kan nie sweis nie en brand net gate ?!!, dan word meer dogtertjies gebore as seuntjies. !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.