Só kroek jy jou brein om ʼn swart-en-wit foto in kleur te sien

Skermgreep uit die video

Dr Julie Smith, ʼn kliniese sielkundige, laat kykers verstom met ʼn optiese illusie waar jou brein om die bos gelei word deur jou ʼn swart-en-wit foto in kleur te laat sien.

Sy deel gereeld motiveringsboodskappe en video’s oor geestelike gesondheid op haar TikTok-profiel wat deur meer as 2,8 miljoen mense gevolg word.

In ʼn onlangse swart-en-wit video sit dr. Smith buite met ʼn wit kruis op haar voorkop. “Ek gaan jou brein om die bos lei deur kleur te sien waar daar nie enige kleur is nie,” verduidelik sy.

Daarna wys die swart-en-wit video met ʼn hoë kontras.

“Fokus slegs op die kruisie [op haar voorkop] en jou brein gaan iets ongelooflik doen,” vertel sy. “Deur middel van oorbeligting van sekere kleure, sien die brein omgekeerde kleure wanneer die swart-en-wit beeld verskyn.” Sy maan dan dat jy steeds op die kruisie moet bly fokus wanneer die swart-en-wit beeld verskyn – die oomblik wat jy van die kruisie gaan wegkyk, gaan jy weer die beeld net in swart en wit sien.

Die video het reeds duisende kommentare uitgelok.

“Ek het dit gesien! Maar net vir ʼn sekonde!” het een persoon gesê. “Ek sien pers blomme, ʼn blou bankie, groen agter jou en dit lyk of jou hemp groen is,” het ʼn ander gesê. “Ek het dit nou al soveel keer gekyk – ek is verstom,” sê nog een. Daar was egter ʼn paar mense wat teleurgesteld laat weet het dat dit nie vir hulle werk nie.

@drjuliesmith

???? Did you see colour? How long for & what stood out most? Try it with the brightness turned up for max effect! #learnontiktok #illusion #psychology

♬ Say So (Instrumental Version) [Originally Performed by Doja Cat] – Elliot Van Coup

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kremetart ·

Wat n klomp bollie. Die kleur van die video verander vanself maak nie saak waar ek kyk nie!

Mieke ·

So bly ek het ‘n normale verstand/brein wat my nie laat bollie sien nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.