Só laat moet jy gaan slaap

Argieffoto (Foto: Katniss12/Pixabay)

Het jy al ooit gewens jy het ʼn beter slaapskedule? Dié sakrekenaar kan glo vir jou ʼn aanduiding gee van presies hoe laat jy in die bed moet klim as jy die volgende oggend uitgerus wil wakker word.

Daar is talle faktore wat bydra tot ʼn goeie nagrus, maar om op die regte tyd te gaan slaap is waarskynlik die grootste hiervan. Die huis- en dekorwebwerf Hillarys, het ʼn slaaprekenaar gedeel wat vir jou presies wys hoe laat jy moet gaan slaap.

Dit is gebaseer op slaapsiklusse eerder as die hoeveelheid ure wat jy slaap. As jy in die middel van ʼn “verkeerde” slaapsiklus wakker word, sal jy moeër voel, selfs al het jy langer geslaap.

As jy 07:00 moet opstaan

Moet jy 07:00 opstaan? Dan moet jy die vorige aand reeds om 21:46 of 23:16 in die bed klim. As jy ʼn laat aand het, dan kan jy ook 00:46 of 02:16 gaan slaap.

Die slaaprekenaar doen die berekening op ʼn gemiddeld van 14 minute wat dit mense vat om te slaap.

As jy 06:00 moet opstaan, moet jy 20:46, 22:16, 23:46 of 01:16 in die bed klim.

Wat is ʼn slaapsiklus?

ʼn Slaapsiklus duur ongeveer 90 minute en in dié tyd beweeg jy deur vyf fases van slaap – vier fases van nie-REM (rapid eye movement of “vinnige oogbeweging”)-slaap en een fase van REM-slaap.

REM-slaap is ’n unieke fase van slaap in soogdiere en voëls wat onderskei word deur die vinnige oogbewegings en lae spiertonus in die liggaam. Dit is die fase waarin die individu die helderste drome het en wat die meeste ooreenstem met wanneer ‘n mens wakker is. Die fase word verder gekenmerk deur ’n oorvloed van die senuoordraer asetielcholien en die byna algehele afwesigheid van die monoamien-senuoordraers histamien, serotonien en norepinefrien.

REM-slaap verskil fisiologies van alle ander slaapfases, saam bekend as nie-REM-slaap of NREM-slaap. REM- en NREM-slaapfases wissel mekaar af in een slaapsiklus, wat sowat 90 minute in volwasse mense duur. Namate slaapsiklusse vorder, word die REMS-fases langer.

Ons beweeg van ligte slaap in fase 1 tot ʼn baie diep slaap in fase 4. Dit is moeilik om iemand wakker te maak wanneer hulle in die fase 4 is en daarom kan jy moeg en tam voel wanneer jy in dié fase wakker gemaak word.

Klik hier om die slaaprekenaar te toets en te bepaal hoe laat jy moet gaan slaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Het jy geweet dat as jy son vang in die dag, ‘n bietjie oefening doen, en vroeg gaan slaap, jou melatonien-vlakke hoog genoeg styg dat jy baie minder vatbaar vir erge COVID is? Nee rerig. Gaan lees maar self.

Misky ·

Ek is ‘n baie slegte slaper en gaan slaap met die tv aan. Lê en luister dan so in die agtergrond en sit die ‘timer’ aan en dat dit oor so uur of selfs half uur self afsit. Voel net nooit vir my of ek kan afsluit en slaap nie. My man so gelukkig en as hy gaan lê, is hy binne minute in droomland en ek so jaloers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.