Só lyk die gewildste trourok op Instagram

Intan Assahra en Zendhy Zaen se troue (Foto: Instagram)

Vir baie bruide is ʼn trourok iets waaroor hulle van kleintyd af droom.

Deesdae is dit vir bruide moontlik om aanlyn na duisende rokke te kyk voordat hulle eindelik ʼn besluit maak. Een bruid van Indonesië se rok is nou die gewildste op sosiale media nadat die rok die meeste “likes” op Instagram gekry het.

Intan Assahra se wit en fluweelpienk rok, spesiaal ontwerp deur die Indonesiese ontwerper Ivan Gunawan, het perfek gepas in die sprokiestema vir haar troue met die akteur en model Zendhy Zaen.

Die rok het die groenlig van byna 79 000 mense op sosiale media gekry en is tot dusver die gewildste op die internet.

Assahra se trourok het lang moue en is oortrek met glansende pêrelkristalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elizabeth ·

DIS mos nou hoe ‘n bruid moet lyk!! Dis ongelooflik mooi! ‘n Sprokiesrok! WOW!

Veronica ·

Is mooi ja maar die mooiste????? Nee sjoe . . . ek dink nogsteeds myne was die mooiste !!!!

Fransie ·

Heeltemal te oordadig na my sin. Laat my dink aan die gehekelde poppe wat gebruik is oor toiletrolle in die ou tyd. Goed smaak verskil.

Jakoba ·

Ek stem. Dit is te oordadig. Ek het wragties rokke gesien wat 10x mooier is as daardie een. Maar soos hulle se Each to its own “”. Wat vir my mooi is, is vir iemand anders dalk vrek lelik

Penellope Jones ·

Dit kom voor asof dit ‘n vertoonrok is, nie ‘n bruid se troudag-rok nie.

Hannelie ·

Nee dit is nou regtig nie ‘n mooi trourok nie….TE oordadig na my sin. Ek het al BAIE mooi gesien as dit.

E.K. ·

Stem saam met party hier – vir my ook nie die mooiste maar nou-ja, sover verskil 79 000 (op die minste en sover!) mense van ons!

VanAfrika ·

Ek hou ook van sulke tipe trou rokke, hoe wyer en fee agtig hoe mooier. Ek haat dit as mense my smaak klassifiseer as n toilet rol rok. Trou rokke was ontwerp lank voor daar toiletrol rokke was. Dit was een of ander iemand se simpel idee om n toiletrol aan te trek soos n bruid. Opregte trou rokke lyk beter as deesdae se trourokke wat lyk of jy dadelik in die bed kan klim met die rok sodra jy klaar getrou het. Reguit af en geen imagination nie. In my dag was dit n aandrok vir n formele dans of ete. En van gekleurde trourokke te praat is net so erg. Trourokke was ontwerp met die idee dat dit soos n sprokie moet lyk as die bruid geklee is, rein en wit en groot hoepels, kant en sleep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.