Navorsers voer aan hulle weet nou hoe die wêreld se mooiste man en vrou sou lyk. Hulle het die eienskappe van die mooiste glanspersoonlikhede in die vermaaklikheidswêreld saamgevoeg om dié foto’s saam te stel.
ʼn Span kenners by Men’s Pharmacy, ʼn aanlyn apteek in die Verenigde Koninkryk wat spesifiek produkte vir mans verkoop, het na die beste karaktertrekke van manssterre soos Tom Hardy, Chris Hemsworth, Ryan Gosling, prins Harry, Benedict Cumberbatch, Idris Elba, David Beckham en Bradley Cooper gekyk en dit in ʼn enkele foto saamgestel.
Die man lyk uiteindelik soos ʼn mengsel tussen Chris Hemsworth, Mark Wahlberg en Jake Gyllenhaal.
Men’s Pharmacy het die uitslag van twee onlangse openbare opnames van Glamour en Ranker geneem waar respondente uit ʼn lys bekendes vir hul “perfekte man” en “perfekte vrou” gestem het.
Die “mooiste vrou” is saamgestel uit foto’s van onder andere Kate Upton, Scarlett Johansson, Alexandra Daddario, Anne Hathaway en Natalie Portman.
Ashley Elli, hoof van bemarking by Men’s Pharmacy, het gesê daar word jaarliks wêreldwyd kopgekrap oor wie die mooiste is. “Ons het begin dink daaroor en toe het ons besluit om wetenskap en tegnologie te gebruik om te bepaal wie die sexyste mense op aarde is.”
Die man lyk vir my maar baie na Ryan Reynolds
Ryan Reynolds is dan mooier as die man.
Albei is baie mooi.
Mooiheid vergaan, maar deug bly staan ….
Reynolds het spikkel/harde oë – droomman het sagter/ meer sielvolle oë …:))
Trou met iemand wat kan kook, skoonheid gaan weg, honger kom heeltyd terug….
Hoekom moet hulle altyd die mooiste of sexyste man of vrou uit die film bedryf kies?
Is al die mooi mense op die silwer skerm?
Ek het al baie mooier mense gesien wat nie filmsterre is nie.
@DronkGeslaan, want met filmsterre is hul wereldwyd bekend en dis n standaard, as jy 5 random mense gaan vat van PMB CBD gaan niemand weet nie. Maak ek sin? Verstaan jou punt 100% en stem 100% saam.
Julle kon net n foto van Simone Nortman opgesit het.
Het jy al gehoor van Hilary Rhoda ?
Jy kan nie mooi van buite bepaal nie. Dit kom van binne.
My Linda is baie mooier
Née wat. Hou maar verby. Daardie man sal beslis nie my kop weer laat draai nie..
Klein Jane, jy dink groot ?
Dis nou n groot pot poef…het hulle niks anders om te doen nie?? Word produktief mense en kry iets meer sinvol om aan te werk
Ek stem.
Smaak verskil. Mel Gibson maak nog al die jare my knieë lam. Bietjie kort, maar ek sou dit oorsien ?
Photoshop!
Dan het hulle nog nie vir my en my vroulief gesien nie. ?
my 62 jarige vrou lyk 10000keer mooier as hulle sn…
Grimering . Dit is ‘n groot gelykmaker vir vrouens.
By mans. Geld. ;o)