Só lyk die wêreld se grootste pêrel

Die Giga-pêrel (Foto: Skermgreep uit BBC-video)

ʼn Kanadese man het ʼn erfstuk onthul wat die wêreld se grootste natuurlike pêrel ooit is.

Abraham Reyes (34) het die Giga Pearl ʼn paar jaar gelede van sy tannie geërf, berig CBC. Die pêreld weeg 27,65 kg – vier keer so veel soos die Lao-Tzu-pêrel, wat tot onlangs nog as die grootste pêrel beskou is.

Die Giga-pêrel is wit-en-roomkleurig. Dit is vermoedelik ongeveer 1 000 jaar oud en is in ʼn reusagtige oester gevind wat Reyes se oupa in 1959 by ʼn Filippynse visserman gekoop het. Hy het nie geweet daar is ʼn pêrel in die oester nie. “Niemand het regtig daarna gekyk nie – dit lyk nie eintlik soos ʼn pêrel nie,” het Reyes aan CBC gesê.

Die pêrel is aan Reyes bemaak en hy het dit in 2016 geërf, aldus die Good News Network. Hy het geologiese spesialiste gevra om dit te ondersoek en hulle beraam dit is tussen $60 miljoen en $90 miljoen (ongeveer R854 miljoen – R1,28 miljard) werd.

Die Giga Peal rus nou in die arms van ʼn seekat van 22 karaat goud wat Reyes spesiaal laat maak het. Hy beplan nie om die pêrel te verkoop nie, maar eerder om dit in verskeie museums en galerye uit te stal. “Ek dink die wêreld moet weet dit bestaan,” het hy gesê. “Ek is geëerd om dit te besit. Dit is ʼn groot verantwoordelikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Skulp was groot ja. Dis in die video. Sommer so lelike skulp. Eers gedink dis ‘n klip.. Amazing vonds. :-)

Plastiekbottel ·

Sou vir my na n ou plastiekbottel tussen die opdrifsels gelyk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.