Só lyk Elsa op flop van ʼn Frozen-koek

Dis hoe die koek van sneeukoningin Elsa van “Frozen” moes lyk

ʼn Bakkery word gespot oor sy “Frozen Elsa”-koek wat, volgens sommige gebruikers, lyk soos ʼn aap wat grimering dra.

Die koek moes eintlik soos die sneeukoningin Elsa van die kinderfliek Frozen gelyk het, en gebruikers op Reddit spot vreeslik met die resultaat.

In plaas van Elsa se sagte en delikate gelaatstrekke, het die bakker besluit die maklikste manier om dit soos 3D te laat lyk is om lyne in ʼn donkerder kleur te trek met ʼn rooi sirkel op haar wang.

Net nadat dit op Reddit en Cake Wreck gedeel is, ʼn webwerf waar die ergste floppe gedeel word, was gebruikers geskok om te hoor dit is ʼn professionele bakker wat gedink het dié koek is goed genoeg om te verkoop.

“Sy lyk soos ʼn perd!” het een gebruiker gesê. “Dit lyk of iemand grimering op ʼn aap se gesig geverf het!” skryf ʼn ander.

Dis hoe die koek uitgekom het (Foto: CakeWrecks.com)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Oh my aarde…. Dis die lelikste koek ooit!!!! Ek huil my dood as dit my kind se koek moes wees en sou weier om te betaal.

Suzette ·

Ek kan nie glo dat die een wat die versiering gedoen het dink dit lyk soos die prentjie nie – en geen skaamte het om geld te vra vir so ‘n poging nie.

QueenB ·

Dit lyk dan soos n skaap voor skeertyd agge nee dus mos nou mors

Alet ·

Ek het so paar jaar terug ook stel afgetrap met bakkery wat my kind se doopkoek gebak het. My man het die Saterdag die koek gaan haal en ek het dit oopgemaak en wou in trane uitbars. Was veronderstel om ‘n Bybel te wees met my kind se naam en datum van sy doop in. Ek dink ekself sou dit beter kon doen. Ek was ongelooflik hartseer daaroor. Dit was so spesiale geleentheid en hier sit mens met so akklige koek. Hulle het die helfte van my geld terugbetaal maar dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor die feit dat mens iemand professioneel kry om dit te doen juis omdat jy wnie wil hê dit moet ‘n gemors wees nie. Betaal ten duurste daarvoor en dan kry mens so iets.

Vlekkie ·

Nee wragtag! Die bakker was of dronk of hy het sy bril by die huis vergeet!

Saartjievandiebosveld ·

Oh my goodness….lyk eerder soos die heks in die sneeuwitjiestorie….hahaha

Warrior ·

Ha ha haaaaaa…. geen kommentaar.
Wonder hoe lyk d bakster/bakker….

Mallie ·

Arme Elsa. Eks bly hy bak nie vir my n verjaarsdag koek nie.

Nozi ·

O griet, dalk het sy prentjies deurmekaar geraak wat hy as template gebruik het.

pompies ·

Nou ja, as die versiering so lyk wonder ek hoe smaak die koek.

Sandra ·

En dit is die resultaat van ‘n professionele bakster? Wow

TO ·

Oh my word, wat is disaster, ek hoop nie hulle wou die koek verkoop, hulle kan my betaal om hom weg te gooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.