Nasa het ʼn gratis e-boek vrygestel met foto’s van die Aarde – soos wat die planeet snags lyk.
Die foto’s is die afgelope 25 jaar deur satelliete wat om die aarde wentel en ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie geneem.
Die boek, Earth At Night, bevat meer as 150 indrukwekkende foto’s van “ons planeet in donkerte gehul”.
“Die foto’s skets ʼn omvattende en duidelike prentjie wat wys hoe die mens die planeet verlig en gevorm het sedert die gloeilamp 140 jaar gelede ontwerp is,” lui die inleiding tot die boek.
Die foto’s wys hoe menslike aktiwiteit en natuurlike verskynsels die donkerte om die wêreld verlig met ingewikkelde strukture van stede, veldbrande, vulkane en selfs auroras. Daar is ook foto’s wat wys hoe maanlig sneeu en woestyne verlig en ander dramatiese tonele.
Die boek verduidelik ook hoe en hoekom wetenskaplikes die ligte dophou en hoe dit ons help om ons veranderende planeet te verstaan.
“Earth At Night verken die glans van ons planeet wanneer dit in donkerte gehul is,” skryf Thomas Zurbuchen, vennoot-administrateur van Nasa se Science Mission Directorate, in die voorwoord. “Die boek is ʼn samevatting van stories wat die interaksie tussen wetenskap en wonder uitbeeld. Ek is baie bly om dié pragtige en aangrypende ontdekkingsreis van ons planeet te deel.”
Laai die boek hier af:
* Kindle: MOBI [42 MB]
* Ander eBook-readers: EPUB [45 MB]
* PDF-readers: PDF [39 MB]


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Daar is fout met die foto van Afrika……. daar is lig in Gauteng, behalwe as dit ‘n baie ou foto is!!
Hulle kon nie ons land sien nie want dis pik donker agv load shedding!!!????
Die foto is geneem to ESKOM weer krag verloor het. Ons dink dit is beurtkrag, maar die is geen krag. Hahaha.
Baie dankie Maroela dat julle dit met ons deel.
Baie interessant.
Die foto regs onder is gesaboteer.