Só oud lyk jy op foto’s

Een van die demonstrasie-foto's op die webwerf, How-Old.net

Een van die demonstrasie-foto’s op die webwerf, How-Old.net

Het jy al ooit gewonder of ʼn rekenaar dink jy lyk 21 of 71 op foto’s? ʼn Nuwe webwerf vertel jou presies hoe oud jy op ʼn foto lyk!

Microsoft het ʼn webwerf, How-Old.net, bekend gestel wat enige persoon se ouderdom sal raai. Die webwerf maak gebruik van Microsoft se nuwe tegnologie om gesigte te herken. Die tegnologie is soms in die kol, maar soms is die raaiskoot verregaande. Klik hier om meer oor die tegnologie te lees.

Dit neem minder as 10 sekondes om jou antwoord te kry, maar dit is soveel pret, jy gaan dalk die hele dag net sit en foto’s oplaai!

Klik hier om How-Old.net te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.