
Argieffoto
As jy al ooit nagte om wakker gelê het, of dit nou uit angs of kommer of weens slapeloosheid was, is dié wenk spesiaal vir jou.
Dr. Andrew Weil, ʼn mediese dokter wat op holistiese gesondheid fokus, het met die sogenaamde “4-7-8-asemhalingsoefening” vorendag gekom en volgens hom bevorder dit goeie slaapgewoontes en sommige persone voer aan hulle raak binne 60 sekondes aan die slaap.
Die metode is gebaseer op pranayama, ʼn antieke Indiese praktyk wat jou help om jou asem te reguleer.
Só maak jy:
1. Haal rustig vir vier sekondes deur jou neus asem
2. Hou jou asem vir sewe sekondes in
3. Haal stadig asem uit oor agt sekondes
4. Herhaal die patroon
Waarom werk dit?
Wanneer mens angstig of gespanne is, verhoog die vlakke van adrenalien in jou bloed, en jy begin vinniger asem haal. Hierdie asemhalingsoefening dwing jou hart om stadiger te klop, en help jou om te kalmeer.
Slaap jy genoeg?
Pasgebore babas (0 – 3 maande) | 14 tot 17 ure slaap per dag |
Babas (4 – 11 maande) | 12 tot 15 ure slaap per dag |
Peuters (1 – 2 jaar) | 11 tot 14 ure slaap per dag |
Kleuters (3 – 5 jaar) | 10 tot 13 ure slaap per dag |
Skoolgaande kinders (6 – 13 jaar) | 9 tot 11 ure slaap per dag |
Tieners (14 – 17 jaar) | 8 tot 10 ure slaap per dag |
Volwassenes (18 – 64 jaar) | 7 tot 9 ure slaap per dag |
Ouer volwassenes (65 jaar en ouer) | 7 tot 8 ure slaap per dag |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Ek het gevind dat dit werk uitstekend as jy net konsentreer om jou tong te ontspan. Jy slaap nog voor jy wonder of dit werk.
Ok ekt dit gou probeer juis omdat ek aan angs, stress en slapeloosheid lei. Ek slaap so 28 ure van maandag tot sondag. Dis bitter min. Ek moes wel nou die proses I hele paar keer herhaal maar kon voel hoe raak ek rustiger en ontspanne. Gaan my dalk nou nie 60 sekondes vat nie maar 10 minute is ook fine solank ek net so gou moontelik kan slaap.
Dit is die ideaal, maar iemand met drie babas / kleuters en wat nog moet werk, huis skoon maak etc kan dood eenvoudig nie. Ek is happy as ek 5 ure slaap in kry…
Die is seker goeie raad maar ek hen nie slaap probleme nie eb is al 66.
Die mag goeie raad wees maar ek is 66 en het nie slaap afwykings nie.