Só sny jy ʼn pizza in gelyke dele

Argieffoto (Foto: Igor Ovsyannykov/Pixabay)

Pizzas is ʼn baie lekker ete as jy ʼn paar vriende oornooi, maar het jy al ooit gedink iemand het ʼn groter sny as jy gekry? Of het die kinders al ooit gekla dat iemand se stuk groter was as hulle sʼn?

Nou hoef jy nie meer daaroor bekommerd te wees nie: twee wiskundiges het ʼn manier bedink hoe om jou pizza perfek in gelyke dele te sny. Jy het egter kennis van meetkunde nodig.

Wiskundiges Joel Haddley en Stephen Worsley van die Liverpool-universiteit het met dié metode vorendag gekom wat in die wiskundewêreld as “verteëling” bekendstaan.

Wanneer jy dié metode gebruik, het jy uiteindelik 12 perfekte stukke wat identies is.

Só maak jy: sny jou pizza met drie gronde lyne sodat jy ses stukke het. Deel nou elkeen van die ses stukke in twee.

Jy kan die stukke verder verdeel. “Wiskundig is daar nie ʼn beperking nie – alhoewel dit dalk onprakties sal wees om die stukke al hoe kleiner te sny,” het Haddley aan New Scientist gesê.

Gebruik gerus dus die volgende pizza-aand as ʼn wiskundeklas!

Só sny jy die pizza in gelyke dele (Grafika: Market Business News)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Nee wat, wie het nou tyd vir dit? En teen die tyd dat dit gesny is, is pizza yskoud en my seuns sal steeds glo daar is groter skywe as ander. Ons eet net….. dat die kaas behoorlik spat!!!!

Pieter

Ek dink dis ‘n uitstekende idee, want die wat nie van die korsiegedeelte (buitenste rand) hou nie, kan dan van die binneste stukkies eet!

groenboer

‘n Veel beter plan is om genoeg pizza te maak of te koop dat daar meer as genoeg is vir almal. Dié plan werk natuurlik nie as daar tienerseuns betrokke is nie, want dan is daar nie so ding soos “genoeg pizza” nie… :-)