Só wou dié ou sy pizza op ʼn vlug verhit

Foto: Passenger Shaming/Instagram

Langafstand vlugte beteken gewoonlik dat jy moet staatmaak op etes wat die lugredery aanbied – en die gehalte van die ete hang baie af van die lugdiens waarmee jy vlieg. 

Meeste passasiers pak ekstra snoepgoed in, of koop ten duurste ʼn pakkie skyfies of lekkergoed.

Een passasier het egter vooruit beplan en besluit om ʼn stukkie pizza op die vlug te geniet. Dit klink soos ʼn slim plan, totdat jy dié foto sien wat op sosiale media gedeel word.

Hy wou nie die stukkie pizza koud eet nie, en het besluit om die stukkie te verhit. Hy het egter nie die vlugbemanning gevra om hom te help nie, maar eerder die stukkie pizza ʼn paar millimeter van die gloeilamp bokant sy sitplek gehou in die hoop dat dit sou verhit.

ʼn Medepassasier het ʼn foto geneem van die voorval en dit op die Instragram-rekening Passenger Shaming gedeel. “Verhit net bietjie oorskiet,” het die persoon geskryf.

Een persoon het in die kommentaar laat weet: “Dit is ʼn LED-lig. Dit gaan nie enigiets verhit nie.”

Nog ʼn persoon het egter gesê: “Dit kan moontlik werk. Ek het al my vingers gebrand toe ek aan die liggie gevat het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.