Sonsverduistering: Pasiënte behandel wat sonskerm in hul oë gesmeer het

Die sonsverduistering wat Maandag, 21 Augustus 2017 in die grootste gedeeltes van die VSA gesien kon word. Foto: R. Baer, S. Kovac/Citizen CATE Experiment via AP)

Diegene wat na alternatiewe metodes gesoek het om hul oë te beskerm tydens vandeesweek se sonsverduistering in die VSA, moet nou behandeling ontvang nadat hulle sonskerm in hul oë gesmeer het.

Trish Patterson, ʼn verpleegster, het aan WCYB gesê daar was geen persone met skade nadat hulle direk na die son gekyk het nie, maar sy en haar kollegas het ʼn paar pasiënte gehad wat pyn ervaar het toe hulle sonskerm in hul oë gesmeer het.

Die persone is na ʼn oogkundige verwys.

Persone wat sukkel om te sien ná die sonsverduistering word aangeraai om ook ʼn oogkundige te sien.

Die laaste algehele sonsverduistering in die VSA was in 1979 en toe het slegs vyf state in die noordweste van die land totale donkerte beleef. Minstens 14 state het Maandag beleef hoe die dag vir ʼn oomblik nag geword het, maar die hele Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en die boonste gedeelte van Suid-Amerika het ʼn gedeelte van die verduistering gesien.

Volgens navorsers gaan Suid-Afrika op 25 November 2030 ook ʼn algehele sonsverduistering beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

NICKEY ·

Sonskerm in hul oe gesmeer??
Nee,,, wag nou,, hoe dig kan sulke mense wees…..of was hulle pasiente in ‘n psigiatriese hospitaal?

Tonginkies ·

Suid-Afrika beleef al die afgelope paar jaar permanente algehele sonsverduistering!!

Aitoggie ·

Goed gestel Tonginkies, mens kan dit niks anderste noem nie.

Ellisras ·

Ons is omring deur idiote. Wel ten minste in die USA. of VSA. En asseblief dit is nie Amerika NIE. Amerika is die vasteland. Nie ‘n poletieke staat nie.

PhillipGroen ·

Kom ons hoop hulle het dit per ongeluk gedoen. As dit nie per ongeluk was nie is dit skrikwekkende nuus, want daardie persone het stemreg iewers (as hulle volwassenes is). Geen wonder dan dat die wêreld in sy dinges in is nie.

Jan Jooste ·

Nou duidelik waarom mense in VSA steeds vir Trump ondersteun, en waarom hulle dink dat Neo-Nazi’s hul probleme kan oplos.

Piet Pompies ·

Die Amerikaanse droom……om sonskerm in jou oë te vryf en direk in die son te kyk.

Elize ·

Ag nee, hierdie storie is net so erg soos die klompie wat oor die warm kole geloop het.
Nee mense nee, regtig. Ek raak nou ernstig bekommerd oor die mensdom.

Theresa ·

Halllllooooooooooooooooooooooooo!! Regtig! Nooit in verlede sulke dom goed gehoor van Amerikaanse bodem nie?? Wonder regtig wie so absoluut onnosel was???? Leer kinders nog op skool (graad 1 rond vir die wat dit nie al van kleins af geleer is nie) dat mens NOOIT in die son in kyk nie. Geklik.

Hendrik ·

Ons sal net in 2020 wanneer die sonsverduister hier deur S.A kom en deur Durban/Nkandla se wereld kom, net die mense goed inlig om nie in die son te kyk nie. Dit kan dalk veroorsaak dat daar ‘n hele paar meer mense welsynstoelae kry wat die belastingbetalers nie kan bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.