Soos belowe, ʼn llama by jou troue

(Foto: New Image Photography)

ʼn Onverwagse gas het onlangs sy opwagting gemaak by ʼn troue. ʼn Llama. In ʼn tuxedo.

Riva Weinstock van Ohio in die VSA se jonger broer het eintlik net ʼn belofte vervul. Toe sy vyf jaar gelede onophoudelik oor haar troue begin praat (sonder dat sy in daardie stadium verloof of selfs in ʼn verhouding was), het hy geskerts hy sal ʼn llama bring as hy haar troue moet bywoon, berig CNN.

Riva het in Oktober verloof geraak en binne ʼn uur nadat sy die nuus met haar broer, Mendl, gedeel het, het hy laat weet die llama is gehuur.

ʼn Foto van die troue, wat nou wyd op sosiale media gedeel word, maak dit duidelik dat Riva nie vreeslik beïndruk was met haar broer se metgesel nie. Sy loer skeef na die twee terwyl Mendl glimlag en die llama heel ongeïnteresseerd lyk.

Die llama, Shockey, het ʼn spesiaal gemaakte tuxedo en strikdas gedra. Shockey is van ʼn plaas in die Cleveland-gebied gehuur vir sowat $400 vir die dag. Hy het buite gebly en foto’s saam met gaste geneem.

(Foto: New Image Photography)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maknemuilius

Daai antie lyk nie baie ingenome nie!

Saint

Ek het gewoonlik so n uitdrukking op my gesig as ek in die donker op n honde landmyn getrap het :-)

Agter die skerms.....

Riva, jou troue is op Maroela Media en dit deur ‘n Illama – kan net dink wat die mense gedink het, maar dis ‘n goeie idee gewees.

Ek het gewoondlik ‘n uitdrukking op my gesig soos Riva as iets groots broei :-)

Netta

Wel, ek dink die llama lyk heel spoggerig!

Daleen

‘n Broer 1000. Dis mos hoekom die Liewe Heer vir ons broers gegee het om ons te beskerm, lief te he en ons siele uit te trek ????