Soos wie lyk dié kalfie?

Genie die kalfie en Gene Simmons (Foto: Heather Taccetta/Facebook)

Die internet is behoorlik op hol oor ʼn pasgebore beeskalfie wat eienaardig baie na Gene Simmons, die hoofsanger van die Amerikaanse rockgroep Kiss, lyk.

Aanhangers van die rock-sanger was vinnig om die ooreenkomste tussen die geboortemerke van dié kalfie te vergelyk met die gesigverf waarvoor Simmons bekend is wanneer hy op die verhoog is.

Volgens CBS is die kalfie die afgelope naweek op ʼn kleinhoewe in Texas gebore. Heather Taccetta, wat saam met haar familie op die hoewe woon, het vertel die kalfie behoort aan haar ouma. Sy het hom glo Genie gedoop na aanleiding van die sanger.

Taccetta sê die familie het halsoorkop verlief geraak op die kalfie en besluit om hom nié later te verkoop om geslag te word nie.

Kiss is in 1973 gevorm en bestaan uit Paul Stanley, Gene Simmons, Peter Criss en Ace Frehley. Die groep het 20 ateljee-albums op sy kerfstok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heiletje Pretorius ·

Mens moet ook maar baie verbeelding aan die dag lê om daarby uit te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.