Soutkaaskoek ‘só verkeerd, dis reg’

Die omstrede soutkaaskoek. (Foto: Pleesecakes/Instagram)

Sosiale media is behoorlik aan die gons nadat Pleesecakes, ʼn kaaskoekbakkery in Brittanje, foto’s van sy soutkaaskoek op Instagram gedeel het.

Dié omstrede kaaskoek bestaan uit ʼn cheddar-, hawermout- en tiemiebasis, terwyl die souterige kaaskoekvulsel gemaak is van vars tiemie en salie.

Dit word met ʼn soet gekaramelliseerde uie-blatjang, ʼn stapel worsies toegedraai in spek, en vars takkies tiemie en roosmaryn vir versiering afgerond.

ʼn Woordvoerder van Pleesecakes het die kaaskoek beskryf as ʼn uitstekende alternatief vir die standaard kaasbord.

Hoewel daar nog nie konsensus is oor die eetbaarheid van hierdie kaaskoek nie, is talle Pleesecakes-klante oorgehaal om dit te proe.

Een sosialemediagebruiker het gesê die kaaskoek is “só verkeerd, dis reg”.

ʼn Ander gebruiker het gesê dit klink hemels.

“Toe ek dit die eerste keer sien het ek gedink dit is so verkeerd, maar hoe meer ek daarna kyk… mmm ja, sny maar vir my ʼn stukkie.”

Die koek lewer tussen 10 en 12 porsies en sal jou £38 (sowat R780) uit die sak jaag.

(Foto: Pleesecakes/Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Lyk en klink heerlik! Kaas is tog eintlik sout, so waarom nie ‘n sout kaaskoek maak nie!

Misky ·

Sjoe, dit klink en lyk lekker. Ek dink tog dit sal werk, want totdat ek salted caramel geproe het, het ek gedink dit klink verregaande. En tot my verbasing is dit toe sooooo lekker en ek mal daaroor.

Tanja ·

Dit klink baie lekker, maar hoekom is dit so vreeslik duur vir ń stukkie kaaskoek?

Elsabe ·

Kan iemand ‘n resep formuleer en plaas. Ons gaan versot wees hierop.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Soet en sout gemeng? Yum! Probeer warm skyfies en ‘n vlokkie-sjokolade! Dis nou hemels! ‘n Smaak-klier-mengelmoes!

Eend Bessinger ·

Ag nee! Ek het al soortgelyke smaak-kombinasies probeer, maar dit maak my naar! Soet en suur kan nog gaan, maar soet en sout is iets om van siek te word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.