Speel dié liedjie om muskiete af te weer

Grafika: Elias Schäfer/Pixabay

ʼn Studie wat onlangs in die joernaal Acta Tropica gepubliseer is oor muskiete en hul broeiery het bevind die waarskynlikheid dat die insekte sal vreet of sal voortplant beduidend afneem wanneer die liedjie “Scary Monsters and Nice Sprites” deur Skrillex gespeel word.

Die spesifieke muskiet wat in die navorsing gebruik is, is die Aedes aegypti, ook bekend as die “geelkoorsmuskiet”, wat ʼn verskeidenheid van siektes oordra.

Navorsers het daarop gewys dat elektroniese musiek, en spesifiek Skrillex se betrokke liedjie, laefrekwensie vibrasies broeiery in insekte ontwrig. Die geraas maak dit moeiliker vir hulle om seine van hul maats te registreer.

Navorsers het ʼn “musiek-aan” en “musiek-af”-omgewing geskep waartydens die Aedes aegypti bestudeer is en hulle het sekere gevolgtrekkings gemaak.

Muskiete in die musiek-omgewing is minder waarskynlik om die gasheer te byt en minder waarskynlik om te broei as muskiete in die omgewing waar die musiek nie gespeel is nie.

Navorsers glo dié bevindings kan gebruik word om nog maniere te ontwikkel om siektes te beheer wat deur die betrokke muskiet versprei word.

Klik hier om ʼn opsomming van die studie te lees.

WAARSKUWING: Luister die volgende liedjie op eie risiko. Die lirieke is lasterlik en die geluide kan sensitiewe luisteraars ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Estie ·

Ek stem, oopkop, g’n muskiet sal naby jou kom met daai musiek nie.

Fielies ·

janee jy gaan my ook nie kry wil broei met daai geraas nie..

Lee ·

Ek sal maar die vertrek verlaat wanneer hierdie geraas-musiek begin te speel.
GLAD NIE IETS OM NA TE LUISTER NIE !!
Gelukkig is die mozzies nie so lus vir my nie – net so EEN lastige ene sal my so af en toe deur die nag pla.
Maar my arme dogter en man word omtrent lewend weggedra deur die goggas – tot hul frustrasie..

Koud Gelaat ·

Genade .. daai geraas sal enige lewende wese se voortplantingsmeganismes negatief affekteer. Myne ook ?

Hendrik ·

Gee my maar eerder die muskiete as hierdie gemors musiek!

Dorothy ·

Manie, pasop op 60jr gaan jy stokdoof wees of totaal mal.

Nika ·

verkies dan eder muskiete as sulke klanke, dit is nie musiek nie dit is geraas (ek is 28 en dit maak my ore seer vir die wat kla die mense is seker 60 jaar oud).

Zettie ·

Sjoe……nice song…….ek is in my 40’s en luister graag nog na sulke tipe musiek – Skazi Storm, Mauro Picotto, Ben Nicky ens…….hiérdie is gerus iets wat ook meer geluister sal word en ons sukkel nie eens met muskiete waar ek bly nie.

LD ·

Nou het ek lekker gelag!!? weens nuuskurigheid het ek maar na die liedjie geluister wat almal so kommentaar op lewer en my 1 jarige dogtertjie staan hier by my terwyl hy speel. Sy druk ewe haar oortjies toe en skud haar kop na links en regs? ek neem aan sy verkies ook maar eerder die muskiete as diè soort musiek. Lw. hulle dra haar ook weg elke aand?

KV ·

Speel Theuns Jordaan se musiek….dan verkas almal wat vlerke en/of pote het!

Potgieter ·

Kan hulle vir vliee ok n studie doen. Miskien ietsie meer rustig?

Jax ·

Dis nie musiek nie – eerder net n reuse, steurende geraas. Enige iets of iemand sal pad vat! ( o Ja, en ek is vêr onder 60!)

Oom Uncle ·

So opgewerk na daai musiek .. ek byt sommer ‘n muskiet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.