Is jou reaksie op pad so vinnig soos ʼn 21-jarige of so stadig soos ʼn 100-jarige? Hierdie rekenaarspeletjie is dalk net die regte ding!
Al wat jy hoef te doen is om enige knoppie op die sleutelbord te klik indien jy die rooi handjie sien wat aandui jy moet stop. Dan sal die speletjie jou ouderdom “raai” gebaseer op hoe vinnig jy reageer het om die knoppie te druk.
Die speletjie is geskep deur JustPark, ʼn maatskappy in Londen wat spesialiseer in parkering wat jy vooraf kan bespreek.
JustPark het die algoritme geskep deur die reaksietyd van 2 000 mense ouer as 18 jaar te toets.
Blykbaar vaar linkshandige persone beter as regshandige persone. Laat weet ons gerus in die kommentaarblokkie hoe jy gevaar het!
“We’re not sure if you’re an actual human being, with the reaction time of (272) milliseconds”
:D haha En ek is regshandig.
Dis uitstekend! Welgedaan!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dankie Suné.
Ek is 52 met die reaksietyd van n’ 32 jarige
Dit wil gedoen wees! Welgedaan!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek is 50 en hou nie hiervan nie!
Hou aan probeer – dalk verbeter die vernuf!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek is 81 met reaksie tyd van 29…
My seun is 53 met reaksie tyd van 19….
Julle is blitsig! Mooiskoot!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
“We’re not sure if you’re an actual human being” – reaksie tyd van 239 milisekondes… Ek is 29 en regshandig :D
Ha! Welgedaan!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
ek is 30 en het ‘n reaksie tyd van 19 ;)
Dis uitstekend! Baie goed!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
44 met reaksietyd van 18jarige – regshandig.
Welgedaan! Vinnige vingers!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
We’re not sure if you’re actually an actual human being. 64 millisekondes en 253 millisekondes. Anders n gemiddeld van 19 jarige. Ek is 38 en regshandig.
Lyk my die storie oor die linkshandiges is sommer bog!
Baie goed!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ha ha, daar begin ek toe op 54 jarige ouderdom, maar wil regtig die tyd terugdraai, so hou ek aan “oefen” en wallaa ek eindig op 21 jaar :-)
Aanhouer wen! Mooi so!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek is 40 en het op 38 uit gekom na ek ses biere gedrink het
Ons is dankbaar jy “drink en bestuur” darem net hier op die rekenaarskerm!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ag hoe gevlei voel ek nou. ha ah
Na die sesde probeerslag was die skerm reg met my ouderdom. Voriges wat aangedui is, is nog ‘n bietjie ver in die toekoms. Gaan maar DB se taktiek probeer!!!!!!! Dalk word ek weer 18. HA HA HA!!!!!!
Ek is 50 en my tyd 233mm,en ek is links
Welgedaan Michael! Darem nog ‘n linkshandige!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
36 jarige dame met reaksies van 20 / 22 jariges….. nice ;-)
Dis nogals interessant. Maroela moet meer sulke goed “post”. Nes die speletjie Beter Afrikaans waar jy elke dag ‘n vraestel kry oor ons moedertaal. jy kan tot jou vriende uitnooi en dan kan julle kompiteer en sien wie ken sy taal die beste.
Jeeg, die Britte wat vir die proef gebruik is, het ‘n hengse stadige reaksie-tyd! Die speletjie reken ek is 18, terwyl ek al oor 60 is, en dít met die eerste probeerslag. Sal maar eerder van taxi’s gebruik maak as ek weer daai land besoek.
198 millisekondes. Ek is 29 en regs.
Dankie Maroela Sharp.