Spesiale spoorlyntonnels vir skilpaaie gebou

Skilpadtonnel (Foto: Suma Aqualife Park)

Skilpadtonnel (Foto: Suma Aqualife Park)

Spoorlynmaatskappye in Japan het onlangs tonnels geïnstalleer om te verseker dat skilpaaie veilig die spoorlyn kan oorsteek.

Skilpaaie word gewoonlik óf deur treine getref óf hulle beland soms in die spoorlynwisselaar wat vertragings veroorsaak (sien foto onderaan berig).

Die tonnels is aangebring in samewerking met Suma Aqualife Park in Kobe en die West Japan Railway Company.

Lees meer: Rocketnews, Neatorama via Sumasui

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

M A ·

Aitsa! Dis mos hoe dit gedoen moet word. En op Facebook word fotos versprei van wildsbrue oor snelweë. Het ons dan so baie wild in SA dat ons hulle nie in ag hoedf te neem nie?

Griki ·

Ag jinne tog, is dit dan nou nie te oulik nie. Verbeel ek my of lê die voorste een pote in die lug?

Skillie ·

Ja siestog….die ander enetjie is oppad om die situasie te gaan red. ;)

Armando ·

Amanda, ja , rugbyspeel byvoorbeeld. Maar as die Japanners sulke liewe, direliefhewwende mense is by wie ons so baie kan leer, waarom sal hulle ‘n klomp jagskepe stuur na Antarktika om oor die drie honderd, ja drie honderd, walvisse te jag, te moor en om uiteindelik te vreet? En daaroor lieg deur te wil voorgee dis vir “navorsing”?

Meraai ·

Die Japanese maak hulle inderdaad aan die grofste dieremishandeling skuldig en ek dink nie hulle wil soseer die skilpaaie help as wat hulle tydvertragings wil voorkom nie!

Stuart ·

Oopsie – lyk so. Dalk is die net om die skillies te vang en eet. Jappanners eet mos arme dolfyne en allerhande sulke goed.

Willie ·

Wonder net hoe die skilpaaie weet waar hulle “duikweg” is? Is daar bordjies wat hulle kan lees?? Gebruik hulle dit op eie risiko, of kan hulle eis as hulle val of vassit? As hulle eis, word dit in koolblare en tuingroente uitbetaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.