Crayola het die naam bekend gemaak van ʼn nuwe blou kleurkryt, maar kritici meen die naam sal kinders ʼn woord leer wat nie bestaan nie.
Crayola het gesê “Bluetiful” het tydens ʼn aanlyn stemkompetisie teen vier ander name gewen. Die kompetisie is in Julie van stapel gestuur waar die publiek kon stem vir ʼn nuwe naam vir dié blou kleurkryt.
“Van die duisende Engelse woorde en woorde uit ander tale vir ʼn nuwe blou kleurkryt, het Crayola bestaande woorde vermeng en versuim nou om kinders ʼn kleur te leer en hoe om te spel!” het een gebruiker op sosiale media geskryf.
“Kinders gaan nou baie deurmekaar wees met die name van kleure!” het ʼn ander geskryf.
“Bluetiful” het name soos “Dreams Come Blue”, “Blue Moon Bliss”, “Reach for the Stars” en “Star Spangled Blue” uitgestof.
Crayola, gebaseer in Easton, Pennsylvania, het nagenoeg 90 000 inskrywings ontvang voor die kortlys van vyf opgestel is.
“Bluetiful” sal later vanjaar sy debuut maak. Dit vervang die kleur “Dandelion”, wat onlangs uit die mark onttrek is.
Wetenskaplikes by Oregon State University het per ongeluk op dié skakering van blou afgekom toe hulle materiale getoets het wat in elektronika gebruik word.
Of thousands Eng & foreign words for new blue hue, @Crayola mangles real word, fails at teaching kids color name AND spelling. #bluetiful
— Julie Loiseau (@julie_loiseau) September 15, 2017
Crayola added a new crayon color "Bluetiful"… kids are gonna be so confused with color names now.
— N a t ? (@natycakes_xo) September 14, 2017
The dumbing down of US continues as Crayola replaces 'Dandelion' w/'Bluetiful'. 90k submissions; picked 1 that's not a color, object or word pic.twitter.com/1hxy3IVwHI
— Elizabeth Olson (@EbethO) September 15, 2017
.#bluetiful I like it @Crayola Get kids to discuss language use in creating brand & products.It's not about spelling. It's about #Creativity https://t.co/ETwoqZs6kD
— AhRani ?? ? (@AhraniLogan) September 14, 2017
Die blou kleur dink hy het dit moeilik, maar wat noem hulle deesdae daai beige-erige kleur kryte wat altyd ‘mens’ kleur genoem was? Ek sien daar is ‘n verf in daai kleur wat hulle Santa’s Flesh noem. Sterkte bloutiful
Kleurpotlode word nou nog as ‘flesh’ beskryf. Light, medium and dark flesh. Dis bloot omdat Europese kuns al eeue lank bestaan. Maar nou ja, ‘n doring in die vlees van die African-American.
Skitterende benaming vir ‘n kleurkryt vir kinders. Amerikaners kerm oor absoluut ALLES.
Kinders gaan nie die woord mooi kan uitspreek nie klink baie mooi as jy dit lees maar se dit om dit vir n klein kind te se hul gaan sukkel…maar dis net ek wat so dink.
Dit is seker ‘n kreatiewe naam, maar “beautiful” is een van die twee Engelse woorde wat gr 8 en 9 in Engels FAL die meeste verkeerd spel. Verwarring is dus die voorland, tensy spelling klein-klein behoorlik ingedril word. (Die ander woord is “because”.)
Dis ‘n oulike woordspeling. Ek dink dit leer kinders uit die boks dink. En vetkryt woorde leer nie kinders spel nie… Hulle kan nie spel nie omdat hulle sms en afkort en nie meer boeke lees nie.
Ek stem saam, LF, as kinders moes wag vir vetkryt woorde om te leer spel, sou ons baie lank gewag het.
As Crayola net meer beskostigbaar was……. BAIE goeie kleur kryte vir kleuters. Nou moet ons maar die koop wat moeilik inkleur en goedkoop is… Aai.