Spoedboete – want hulle ry te stadig!

Argieffoto (Foto: Skitterphoto, Pixabay)

Die polisie in Idaho, VSA, het ʼn nuwe wet ingestel wat stadige motoriste in die verbysteekbane op snelweë teiken. Die wet het op 1 Julie 2018 in werking getree.

Plaaslike media het vandeesweek berig twee bestuurders is op 27 Julie beboet toe hulle te stadig in die linkerkantste baan van die snelweg gery het. Drie ander motoriste het waarskuwings ontvang.

Meeste motoriste verwag dat die algemene verkeer in die regterkantste baan sal bly en die linkerste bane sal oophou om verby te steek, het lt. Shawn Staley gesê. “As motoriste stadiger beweeg, kan dit tot ongelukke lei.”

Die wet bepaal nie hoe lank dit ʼn stadiger motoris mag neem om na die regterkantste baan oor te beweeg nie. Staley het verduidelik dit moet binne ʼn “normale en redelike tyd” plaasvind, soos bepaal deur verkeersowerhede.

Motoriste wat die verkeer ophou omdat hulle te stadig ry, kan met $90 (ongeveer R1 200) beboet word.

Volgens die wet mag motoriste op ʼn tweebaanpad tot 15 mph (24 km/h) vinniger as die spoedgrens ry om ʼn ander voertuig, wat stadiger as die spoedgrens ry, verby te steek. Dit geld egter nie vir snelweë met meer as twee bane nie.

“As jy egter teen die wettige spoedgrens ry mag ʼn ander persoon jou nie van agter begin druk nie,” het Staley bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Fourie ·

Nou het ek twee vrae!? Hoekom moet almal so jaag?? As jy 30 minute vroër opstaan, hoef jy nie te jaag om by jou bestemming te kom nie! Tweede vraag. Wat van die ouer mense wat nie van spoed hou nie, maar wel op die snelweg moet ry om iewers heen te gaan? Waar moet hulle ry? Die grond pad? Sit dan spoedborde op langs die pad wat sê :”moet asb nie kruip nie, RY”.

Fourie se ouetehuis bussie ·

Die spoedgrens is daar vie n rede. Die mense wat so poer poer is die gevaar op die pad! Hulle veroorsaak dat almal ongeduldig en dan onverskillig raak….
As jy oud is en bang is vir die spoedgrens, moet jy maar met die ouetehuis bussie ry!

Danie ·

Kan nie genoeg met jou saam te stem nie. Hou by die spoedgrens (nie vinniger of stadiger nie) veral as jy in die heel linkerkantste baan wil ry.

Bernard Hellberg ·

Jy verstaan nie; dit gaan spesifiek oor stadige mensies in die verbysteekbaan. Probeer hierdie triek op Duitse Autobahnen, en kyk hoe vinning klap die Bundespolizei jou terug in jou kassie

joev ·

Ons het mos daai keer die waens en osse verkoop. So nou’t ons die blink yster goed, loop dat dit bars hoor!
Kom maar met die tyd dink ek, toe hulle in die brons tydperk agtergekom het mense ment gereedskap kan meer gedoen kry in ‘n dag, so ook met die gery saam, vinniger is verder in dieselfde tyd . Almal is nie op “reis” nie, party mense ry na plekke toe om werk gedoen te kry. hoe korter die reis, hoe meer werk.

Judge Dredd ·

Daars nie ‘n wet wat se hoe lank jy voor werk moet opstaan. Die spoedreels laat wel mense toe om teen ‘n bepaalde spoed te ry – nou wat gee jou die reg om hierdie mense te blok- keer.

Ellisras ·

Jy kan, maar dit gebeur nie, by ons vir te stadig ry van Roekelose en Nalatige bestuur aangekla word. Daar is ook ‘n mindere klag van Onbedagsame bestuur. Dan het jy ‘n kriminele rekord.

Piet Pompies ·

Spoedgrens is ‘n aanduiding vir motoriste wat is die aanbeveelde veilige spoed vir die pad, die doel is dan om so na as moontlik aan die spoedgrens te ry deur die verkeersvloei te bevorder. As ‘n voertuig teen 80km/h in ‘n 120km/h sone ry oortree hy eitlik die wet want hy veroorsaak ‘n obstruksie in verkeersvloei. Kyk gerus op Youtube na motorongelukke, daar sal gesien word hoeveel ongelukke word veroorsaak deur dromers wat stadig ry. Ons kom van tyd tot tyd in Gauteng en dit is opmerklik dat party regterbaan bestuurders die baan gebruik bloot omdat hy voel dit is sy reg, ander pad gebruikers word nie in ag geneem.

Mpia le Katse ·

Jou siening oor padgedrag is verbasend van die punt af.
Ek het nie genoeg woorde om reg te help nie.
Ek hou by die geadverteerde spoedgrens want dit is veiligste ad ander padgebruikers dan teen my sou vasry soos op You Tube(wat ek ook graag na kyk) is dit duidelik dat hy nie die omstandighede op die pad in ag neem en voort stoomroller na sy sin.
Dit is opmerklik op You Tube hoe onbedagsaam die ongelukmakers ry en padtoestande ignoreer tot hul eie nadeel.
Ek sal met jou saamstem dat iemand wat om welke rede ookal teen 80kph wil ry dit liefs in die heel linkerkansste baan moet doen, maar.andersinds is die maksimum toelaatbare spoed 120kph en nie tussen 140 kph en 160 kph soos sommige padgebruikers van mening is nie.
As almal hulle aan die padregulasies hou dan kom by hul almal velilig by hul bestemming aan selfs teen 110kph, behalwe as jy nou ry soos iemand wat n plek soek om n ongeluk te veroorsaak.
As ek teen 120kph ry is dit nie vir my nodig om my aan ander padgebruikers te steur nie al doen ek dit tog uit menslike.erkentlikheid.

Yankee ·

Idaho is sekerlik die “laaste” Staat wat dit toepas. 51 State doen dit al vir eeue.

Suzie ·

Ek sê nog altyd dit is die mense wat so kruip op die pad wat meeste ongelukke veroorsaak. Skilpaaie hoort nie op die snelweg nie. Dis juis as jou spoed 120 is en ewe skielik kom jy op ‘n kruiper af en skielik moet jy briek dat die bande skreeu of vinnig uitswaai en dis dan waar die ongelukke vandaan kom. Ja spoed veroorsaak ongelukke … maar dis nie die wat vinnig ry nie, maar dikwels die kruipers se skuld.

joev ·

Spoed het nog nooit regtig ‘n ongeluk veroorsaak nie, onossel en spoed is nogal gevaarlik. Ons het byvoorbeeld vanoggend teen 897km gereis, en hier sit ons nou almal in die kantoor, gaan nou vergader, en dan vanmiddag almal weer terug, teen helse spoed man, en as die manne hulle storie ken, is ons vannaand almal tuis vir pizza!

Nettie ·

As julle wil sien wat ‘stupid’ en ‘stadig’ bestuur/ry is, kom kyk hier in Worcester. Hier dink die mense jy hoef glad nie te wys watter kant toe gaan jy draai as jy een van die (redelike nuwe) verkeersirkels nader nie; ook weet hulle nie as jy régs gaan draai in so ‘n verkeersirkel, moet jy in die régter (binne) baan hou nie en ook dink hulle die spoed binne die dorpsgrens is 20 km/uur. WORCESTER HET SEKERLIK VAN DIE DOMSTE BESTURENDE DROMMELS TER WÊRELD!!!!

Ben ·

Dit is ‘n goeie wet, te veel klasvaakies ry te stadig en dan nogal in die regter baan. Kyk ‘n bietjie hoeveel is oorlaaide voertuie, busse, taxi’s, trokke en bakkies met mense agterop. As jy wil ry hou by die spoed grens dan kom ons almal veilig daar. 20Km, 30Km,40km,45Km nie aanvaarbaar. Daardie wet sal Suid Afrika ook baie baat.

piet ·

Hulle kan maar ”hou links, gaan regs verby” bietjie toepas op die snelweë. Trokke mag in elkgeval nie op sekere plekke in die regterbaan ry nie, maar hulle doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.